• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageToeganklike mense het die volgende eienskappe:
(1) Persoonlike warmte - hulle hou werklik van ander mense. In 'n ou Peanuts strokiesprent sê Charlie Brown: "Ek is lief vir die mensdom, ek hou net nie baie van mense nie." Hallo! Dit is nie goed genoeg om teoreties lief te wees vir mense nie, jy moet 'n persoonlike warmte uitstraal teenoor die mense wat jy elke dag ontmoet.
(2) Hulle buie is nie wisselvallig nie. Het jy al ooit saam met iemand gewerk wie se buie heeltyd op en af gegaan het? Jy weet nooit hoe hulle die volgende oomblik gaan optree nie. Daarteenoor is toeganklike mense altyd voorspelbaar. Hulle tree basies elke keer wanneer jy met hulle te doen kry dieselfde op.
(3) Sensitiwiteit teenoor ander mense se gevoelens. Alhoewel toeganklike mense emosioneel stabiel is, beteken dit nie dat hulle altyd verwag dat ander ook so gaan wees nie. Hulle besef dat goeie mense ook slegte dae kan hê, en gevolglik sal hulle hul buie instel op ander se gevoelens en vinnig aanpas volgens ander se optrede teenoor hulle.
(4) Om die menslike swakhede te verstaan, en hulle eie ook bloot te lê. Die novelleskrywer, Ed Howes, het gesê: "Jy moet so nou en dan 'n nare opinie oor jouself teenoor ander lug. Dit sal aan jou vriende wys dat jy weet hoe om die waarheid te praat." Toeganklike mense is eerlik oor hulle vaardighede - en hulle tekortkominge. Hulle omhels die ou spreekwoord wat sê: "Geseënd is hulle wat vir hulself kan lag, want hulle sal nooit rede hê om nie te geamuseerd te wees nie." Omdat hulle hul eie foute kan raaksien en erken, het hulle nie 'n probleem daarmee as ander ook foute het nie.
(5) Die vermoë om te vergewe en vir vergifnis te vra. Die skrywer, David Augsburger, het geskryf: "Aangesien niks wat ons probeer ooit foutloos kan wees nie, en niks wat ons bereik sonder 'n mate van eindigheid en feilbaarheid, wat ons menslikheid noem, kan wees nie, word ons gered deur vergifnis."
© Radio Kansel 2009 (www.radiokansel.co.za)