• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageDie woord "ingeplant" (ingeëts, ingeënt) impliseer dat iets deel word van iets ander. Dink aan 'n tuinier wat 'n takkie van 'n suurlemoenboom inent op 'n lemoenboom, en die volgende seisoen word daardie takkie 'n vrugdraende tak. Dink nou aan jouself wat God se Woord lees en hoe die Woord deel word van jou, in jou ingroei en 'n verandering in jou lewe bring. Dit is hoe God se Woord werk. En dit is hoekom jy dit elke dag moet lees!

Soms vertel jy vir jou leraar wat jy vanuit sy preek geput het en dit lyk nie of hy 'n idee het waarvan jy praat nie, want hy was eintlik besig om op iets heel anders te fokus. Hy was net die posman en het nie gewet wat in die koevert is nie. God het spesiaal vir jou 'n Woord gestuur. Hy het gesê: "Dit is wat Ek wil hê jy moet doen" of "Dit is wat Ek in hierdie omstandighede gaan doen." Dit is 'n Woord wat jou bevry van vrees, jou ophef, jou rigting gee, en jou help om te veg en te wen. Ingeplante-Woord-draers is magtig. Dit is omdat die ingeplante Woord in jou wortel skiet, jou beskerm deur die storm, jou voed tydens hongersnood, jou dors les in die droogtetyd, en jou dra deur die slegste tye.

Dit hoef nie deur 'n preek te gebeur nie; Jesus het net een Woord vir Petrus gesê: "Kom," en Petrus het begin om op die water te loop. Dit werk so: God gee aan jou 'n Woord, en die oomblik wat jy losbreek begin jy gedagtes kry wat sê: "Dit maak nie sin nie, ek het nie die talent daarvoor nie, ek het nie genoeg geld nie, of ek het nie die regte akademiese agtergrond nie, ens." Die ongelooflike ding is dat jy nie sal sink solank as wat jy op God se Woord bly staan nie. Daardie een Woord "Kom," het vas bly klou aan Petrus se hart en hom deur die storm gedra. Daardie selfde ingeplante Woord sal ook dieselfde vir jou doen.

© Radio Kansel 2009 (www.radiokansel.co.za)