• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageDit is nie goed genoeg om voor te berei nie, jy moer voorbereid bly. Ons word vertel dat kennis elke vyf jaar verdubbel. As jy dus nie aanhou groei nie, gaan jy op die ou end nie die oorlewingsvaardighede hê wat goed genoeg is vir die uitdaging wat jou in die wêreld waarin jy leef, in die gesig staar nie. Daar word gesê dat baie dokters so besig is om vir pasiënte te sorg, dat hulle geen idee het wat die nuutste ontwikkeling in hulle eie veld is nie.
Voorbereiding begin nie met wat jy doen nie, dit begin met wat jy glo. As jy glo dat jou môre se sukses afhang van dit wat jy vandag doen, gaan jy vandag bietjie anders hanteer. 'n Wyse seevaarder bestudeer die weer voordat hy uitvaar want hy weet dat dit makliker is om 'n storm te vermy as om uit een uit te ontsnap. Howard Coonley van die Amerikaanse Buro vir Standaarde het gesê: "Die leier van die toekoms gaan gemeet word aan sy vermoë om probleme vooruit te voorspel eerder as om hulle te hanteer wanneer hulle oor sy pad kom."
Voorbereiding is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, dit is 'n lewensbeskouing. Abraham Lincoln het gesê: "As ek agt ure gehad het om 'n boom af te kap, sou ek ses ure daarvan gebruik het om my byl skerp te maak." Toe hy 'n jongman was, moes Lincoln spoorstawe met 'n byl oopkloof, dus het hy geweet hoe waardevol 'n skerp byl is. Wysheid het hom geleer om altyd voorbereid te wees - hetsy om wees om hout te kap, óf om die reg op sy eie te bestudeer sodat hy die balie-eksamen kon deurkom, óf om sy volk te lei. Die Bybel sê: "Hou vas aan die tug . bewaar dit, want dit is jou lewe."
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)