• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ImageEen van die grootste beloftes wat Jesus ooit aan ons gegee het, was: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig," (Matt. 11:28-19, NAV). Hoe kan Jesus in dieselfde asem praat van 'n juk - wat tog harde werk impliseer - en rus? Vir die meeste van ons beteken rus dat ons op die bank kan lê en ontspan. Dit is nie die tipe rus waarvan Jesus praat nie.
'n Juk is 'n harnas wat op die skouers van twee osse gesit word, sodat hulle saam aan 'n vrag kan trek. Wanneer ons Jesus se juk aanvaar, is dit 'n teken van onderdanigheid. Dit is ook 'n teken van hulp, want jy trek nie alleen aan die vrag nie. In elke paar osse is daar een wat lei en een wat volg. Jesus sal die leiding neem, maar jy moet saam met Hom ingespan wees om die voordeel daaruit te trek. Om dus hierdie intieme verhouding met Christus te geniet, moet jy voor Hom buig en sy wil aanvaar. Jesus belowe dat sy juk jou nie sal wurg nie, dit sal jou nie uitput of jou beperk nie, sy juk sal jou nie skaaf nie. Die ironie is: indien jy waarlik vry wil wees, moet jy toelaat dat Jesus jou inspan onder sy juk deur onderdanig te word aan sy wil.
Dit is natuurlik moontlik om Christus se juk op jou skouers te neem en dan teen dit te begin trek wanneer dinge nie heeltemal volgens jou sin verloop nie. Jy sal net vrede en rus kry wanneer jy ontspan en vir Christus toelaat om jou al die pad te lei.
© Radio Kansel 2008 (www.radiokansel.co.za)