• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageHoeveel dinge doen ons elke dag outomaties terwyl ons gedagtes elders besig is?

Die meeste van die tyd is ons nie eens bewus van die oomblikke waarin ons leef nie. En dis die rede dat ons nie altyd hoor wat ander vir ons sê nie; omdat ons koppe te besig is om ’n antwoord gereed te kry. Dit veroorsaak dat ons selde in die hier en nou leef.

Daarom glip dinge by ons verby. Ons hoop is op die een of ander oomblik of gebeurtenis gevestig wat reeds verby is, of wat nog moet aanbreek. Wees versigtig vir so ’n leefstyl. Dit laat jou die mooiheid van elke oomblik miskyk.

Begin weer om elke sekonde, minuut en uur as ’n gawe uit die Vader se hand te omhels. Leef in vandag en vir vandag. Besaai die lewe van diegene wat jy vandag raakloop met ’n onverwagse stukkie vreugde. Dit gaan jou hart warmer laat klop.

Stephan Joubert