• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageHet jy geweet 91% van alle selfoon eienaars se selfone is 24/7 binne een meter van hulle hande af? 20% van alle tieners se liefdesverhoudings word deur middel van SMS boodskappe gesmee en 16% van alle tieners beëindig liefdesverhoudings deur middel van SMS boodskappe. Nou wil jy sommer dadelik vra: watter tipe verhouding kan jy bou in 160 karakters op ‘n selfoon skerm? Maar aan die ander kant is dit die nuwe haastige kommunikasie-wêreld waarbinne ons leef.

Maar wag, voordat ons dink dis net vandag se wêreld wat dit regkry om by wyse van korter boodskappe effektief te kommunikeer - gaan kyk bietjie na die meeste gebede in die Bybel. Hulle kan almal binne ‘n paar minute gebid word. Die Ons Vader (Matteus 6), asook Paulus se gebede vir sy gemeentes is altyd kort en kragtig. Geen wonder dat Jesus in die Bergrede sê God word nie deur ‘n stortvloed van woorde beïndruk nie. Daar’s nooit hemelse stophorlosies ter sprake wat ons gebede se waarde of diepte meet aan die tydsduur daaraan verbonde nie. Bid opreg, eerlik en uit die hart in Jesus se Naam. Sê dan amen. Dis lank genoeg.

Stephan Joubert (www.ekerk.co.za)