• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ImageCliff Schimmels het gesê: "Toe ek jonk was, het my pa 'n span perde gehad. Op 'n dag het hy vir my gesê: 'My seun, wil jy bestuur?' Ek het die leisels by hom oorgeneem.

Ek was in beheer. Ek het bestuur. Maar die tempo het my gepla, dit was te stadig vir my. Ek het aan die leisels gepluk en die perde het begin aandraf. Toe het Vos en Wittes met 'n beter idee vorendag gekom. Hulle het besluit dat ons nog vinniger by die huis kon kom as hulle hardloop. Hulle het al hoe vinniger gegalop. Die meerkat gate het by ons verbygeflits. Ek het besef dat ons in 'n gevaarlike situasie is en my bes probeer om die weghol span te beteuel. Ek het aan die leisels gepluk totdat my hande naderhand gekramp het, maar niks wou werk nie. Vos en Wittes het net aanhou hardloop. Ek het na my pa geloer, maar hy het rustig op sy plek gesit en gekyk hoe die wêreld verbyflits. Ek was nou al vreesbevange. My hande was rou, trane het oor my wange gestroom en ek het gebewe van die winterkoue.

Eindelik het ek na my pa gedraai en gesê: 'Hierso Pappa, vat asseblief weer die leisels. Ek wil nie meer bestuur nie.' Ek is nou veel ouer en mense noem my selfs oupa, maar ten minste een maal elke dag herleef ek daardie benoude oomblikke."Dit maak nie saak hoe oud ons word of hoe vaardig ons dink ons is nie, daar is altyd 'n oomblik wanneer die enigste uitweg is om na ons Hemelse Vader te draai en te sê: "Hierso, vat asseblief die leisels. Ek wil nie meer bestuur nie."