• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKDit is onmoontlik om suksesvol te wees in die lewe, sonder om jou verlede te bowe te kom. Toe die beroemde Ignacy Jan Paderewski op sy eerste dag klavierles begin neem het, het sy klavieronderwyser vir hom gesê dat sy hande te klein is en dat hy nooit die klavier sal kan bemeester nie. Tog het sy passie hom gedryf om uiteindelik 'n wêreldberoemde pianis te word.

Toe Enrico Caruso begin het met stemopleiding, het sy dosent vir hom vertel dat hy klink soos die wind wat deur 'n venster huil. Vandag word Caruso onthou as een van die wêreld se beste tenore.

As jy ooit inspirasie nodig het om struikelblokke te oorkom, moenie verder soek as Christus nie. Die gemeenskap het Hom 'n buite-egtelike kind genoem. Hy is gebore as 'n lid van 'n gehate minderheid wat daagliks brutaal onderdruk is. Die erkende kerk het Hom gebrandmerk as 'n ketter. Die staat het gesê Hy is 'n gevaarlike oproermaker wat moes sterf. Een van sy naaste vriende het Hom verraai om homself te verryk. Hy is gevonnis sonder 'n regverdige verhoor en het gesterf soos 'n blote krimineel. En wat was sy antwoord op al sy swaarkry, en op ons s'n? "Hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin," (Joh. 16:33, NAV).

Ons spandeer hopeloos te veel tyd daaraan om te huil oor gedane sake. Ons moet eerder aandag skenk aan die belangrike taak wat ons elke oggend het - om te besluit wat ons gesindheid gaan wees - ons mors ons tyd en energie op goed wat ons nie kan verander nie. Jy kan nie 'n geliefde wat gesterf het terugkry nie. Jy kan niks verander aan die feit dat jou eggenoot ontrou was aan jou nie. Die verlede is verby. Kyk vorentoe. Loop vorentoe! God sê: "Ek beplan voorspoed en nie teenspoed nie."

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za