• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Radio KanselVerantwoordelikheid is 'n munt met twee kante. Aan die een kant lê verantwoordelikheid en aan die anderkant lê beloning. Te veel van ons fokus slegs op die een kant van die munt - die beloning.

Wanneer jy verantwoordelikheid aanvaar, behels dit drie dinge:

(1) Om te erken waarvoor jy verantwoordelik is.

(2) Om te erken teenoor wie jy verantwoordelik is.

(3) Om ten alle tye verantwoordelik op te tree.

Al die verskonings wat jy teenoor jouself, en teenoor ander maak, gaan jou nie veel help nie. Jesus het gesê: "Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word." Die bestuurshoof van 'n hondekosmaatskappy het by hulle jaarlikse kongres vir sy verkoopspan gevra wat hulle van die maatskappy se nuwe advertensieveldtog dink. "Dit is uitstekend!" het hulle geantwoord. "Die beste op die mark." "Wat dink julle van die produk?" het hy gevra. "Fantasties!" het hulle geantwoord. "Wat van die verkoopspan?" was sy volgende vraag. Hulle was die verkoopspan en het vanselfsprekend positief geantwoord en gesê dat hulle die beste is. "Goed dan," het die bestuurshoof gesê. "Ons het dus die beste produk, die beste verpakking, die beste advertensieveldtog en die beste verkoopspan. Waarom beklee ons die sewentiende plek in ons industrie?" Na 'n ongemaklike stilte, skree een van die verkoopsmanne: "Dis daardie honde - hulle wil net nie die kos eet nie!"

Raai wat? Jou probleem is nie die honde, jou werk, jou eggenoot, die gemeenskap, of enigiets anders nie. Wees eerlik, die grootste uitdaging in jou lewe is jyself. As jou lewe nie verloop soos wat jy wil hê dit moet nie, is jy verantwoordelik daarvoor om dit te verander. En God sal jou help as jy Hom vra, maar jy moet wil verander, besluit om te verander, en elke dag werk na daardie doel toe.

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za