• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKDaar is twee tipes kritiek:

(1) Onregverdige kritiek. Henry Ward Beecher het op 'n dag kerk toe gegaan om te preek. Terwyl dié uitstekende spreker sy Bybel op die preekstoel neergesit het, sien hy 'n stuk papier met die woord "swaap" op geskryf, daar lê. Beecher se skerp sin vir humor het dadelik oorgeneem. Hy het die papier opgelig sodat almal dit kon sien en die kerk gevul met sy dawerende stem: "Gewoonlik ontvang ek briewe van mense wat vergeet om hulle name onderaan te skryf, maar hierdie brief is anders. Die persoon het sy naam opgeskryf, maar vergeet om die brief te skryf!" Jesus het gesê: "Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom," (Luk. 17:1, OAV). Moet dus nie ontkant gevang word daardeur nie. Onthou - as jy aangeval word, is dit 'n teken van respek. Iemand sien jou raak. Jy is besig om 'n verskil te maak. Wanneer jy dus onregverdig gekritiseer word, vergeet daarvan en beweeg voren toe. Jesus het!

(2) Regverdige kritiek. Regverdige kritiek het altyd 'n tikkie waarheid daarin. 'n Ou Arabiese spreuk sê: "As een persoon jou 'n donkie noem, vergeet daarvan. Maar as vyf mense jou 'n donkie noem, koop vir jou 'n saal." Dr. James G. Kerr, 'n bestuursielkundige, sê 'n groot faktor wat ons daarvan weerhou om inligting oor onsself in te win, is ons natuurlike weersin om iets oor onsself uit te vind wat nie vleiend is nie. Wanneer ons mure probeer bou om ons tekortkominge en ons foute vir onsself en ander probeer wegsteek, verbeel ons ons eintlik dat ons perfek is en glad nie met 'n bietjie groei kan doen ie. Op die ou einde veroorsaak dit ook dat ons onself die vreugde van Geestelike groei ontsê.

Moenie terugdeins vir die waarheid nie, luister na waardevolle kritiek en kyk hoe jy jouself geestelik kan verrryk. Mens is mos nooit té oud om te leer nie.

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za