• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKEen van die grootste foute wat ons maak, is om ons te vergelyk met iemand anders en dan tot die gevolgtrekking te kom dat ons nie die mas sal opkom nie, omdat ons nie dieselfde talente het nie. Op 'n dag het God vir Moses gevra: "Wat het jy in jou hand?" en hy het geantwoord: "'n Kierie," (Eks. 4:2, NAV). Net 'n gewone kierie, niks spesiaal nie. Werklik? God het hierdie einste kierie gebruik om die Rooisee mee droog te lê! Jy moet die volgende besef: God kan iets wat jy al jou lewe lank gehad het en gedink het onbelangrik is, vat en dit gebruik om iets groot mee te doen. Dit gebeur net wanneer jy bereid is om die potensiaal daarvan te erken en dit neer te lê in God se hande.

Daar word 'n snaakse verhaal vertel van 'n klompie nonne wat in 'n hospitaal gewerk het en een oggend oppad werk toe sonder brandstof gaan staan het. Daar was 'n petrolstasie naby, maar hulle het nie 'n houer gehad waarin hulle petrol kon gooi nie. Skielik het een van hulle onthou dat daar 'n bedpan agter in die kattebak was. Die petrol is in die pan gegooi en baie versigtig teruggedra kar toe. Terwyl die nonne die petrol in die kar gegooi het, het daar twee mans verbygery. Hulle het verbysterd na die nonne gestaar en die een man het opgemerk: "Dit, Fred, is wat ek ware geloof noem!" Vir hulle het die nonne se aksie dwaas gelyk. Die probleem was dat daardie ongelowiges nie geweet het wat die waarheid was nie. Hulle is aangenaam verras toe die nonne 'n kort rukkie later op die snelweg by hulle verbygejaag het!

Die Bybel sê: "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil," (Heb. 11:6). Jy het geloof nodig om kieries en bedpanne te sien as "die instrumente wat jy benodig om die werk te doen!" Wanneer jy vir God gee wat jy het, kan wonderlike goed in jou lewe gebeur!

© Kopiereg 2007 Radiokansel www.radiokansel.co.za