• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKAs jy al ooit in 'n pretpark was, sal jy weet dat dit ontwerp is om jou weg te voer na 'n ander wêreld. Die doel van die hele ondervinding is om jou te help om jouself te verloor in al die vrolikheid en opgewondenheid. Deur gebed word ons weggevoer na 'n ander wêreld. 'n Pretpark is maar net tydelike "speel-speel" - jy moet op die ou end weer terugkom na die werklikheid toe. Maar daar is geen "speel-speel" as dit by gebed kom nie. Gebed neem ons na 'n Hemelse wêreld waar Jesus aan die regterhand van God sit. Die perfekte plek om van God te hoor.

Wat sal ons hoor? God se stem wat sy Woord toepas op ons spesifieke behoeftes en omstandighede. Kom ons erken dit maar, gebed kan harde werk wees - dit verg baie dissipline. Dis nie so maklik soos om rond te hardloop in 'n pretpark nie. Ons almal weet hoe dit voel om met die beste bedoelings op ons knieë te gaan en om óf aan die slaap te raak, óf niks meer oor te hê om te sê nie, óf om na 'n paar minute agter te kom dat ons gedagtes afgedwaal het.

Die ou gesegde sê: "Gebed verander dinge", maar eers moet dit óns verander, ons wegdraai van 'n selfsugtige fokus na 'n fokus op God, sodat ons sy wil kan verstaan en doen. Die Hebreër-skrywer het dit so gestel: "Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word."

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za