• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
RKDrie van die grootste foute wat jy kan maak, is:

(1) Om te verlang na gister. 'n Vrou het aan 'n nuusredakteur geskryf: "Jou koerant is nie so goed soos wat dit altyd was nie." Hy het geantwoord: "Dit was nog nooit nie!" Leer uit jou verlede, maar moenie dit ver-idialiseer nie. Die Bybel sê: (a) "Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou die; dit is nie uit wysheid dat 'n mens so sê nie," (Pred. 7:10, NAV). (b) Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom," (Jes. 43:18-19, NAV).

(2) Om te verlang na die regte iemand. Dit is beter om iets te wil hê wat jy nie besit nie as om iets te besit wat jy nie wil hê nie. Die 'iemand verlange' kan veroorsaak dat jy opeindig soos die dame wat gesê het: "Voordat ek met my man getrou het, het ek nie besef wat ware geluk is nie, maar nou is dit te laat!" Twee disfun ksionele mense kan gewoonlik nie 'n gelukkige paartjie wees nie. Wanneer jy op jou eie is, weet jy ten minste waarmee jy te doen het. God weet beter as jy wat jy nodig het, en "Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie," (Ps. 84:11, OAV). In plaas daarvan om die regte persoon te probeer vind, probeer eerder om die regte persoon te wees!

(3) Om te verlang na 'n bestemming in jou toekoms. Dit is 'n fout om te glo dat jou gelukkigheid afhang van iets wat in die verre toekoms lê - wanneer ek aftree, wanneer ek op 'n reis gaan of wanneer ek 'n sekere doel bereik. As jy so deur die lewe gaan kan jy die wonderlikste dinge op die pad soontoe miskyk. Die Skrif sê dit die heel beste: "Dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees."

Lewe nou, moenie jou lewensvreugde opoffer nie.

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za