• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKKaleb was nie iemand wat ’n rustige lewe verkies het nie. Toe hy as jongman teruggekeer het uit Kanaän, het hy saam met die minderheidsgroep aangekondig: “Met God aan ons kant, kan ons hierdie land inneem!” Op die ouderdom van 85 het hy steeds reuse verslaan en berge versit. Dit alles te danke aan sy “gesindheid wat anders was.” Hy was nie bereid om die maklike pad te volg en aan te pas by die dinge soos dit was nie.

Richard Edler skryf: “Iemand wat ’n veilige lewe lei, is gewoonlik later spyt daaroor. Ons elkeen ontvang drome en talente. Soms lyk dit asof die twee nie ooreenstem nie. Gewoonlik skeep ons albei af sonder om dit agter te kom. Jare later kyk ons verlangend terug na die tyd toe ons eintlik ons ware drome moes najaag en ons ware talente moes ontwikkel. Moenie jouself toelaat om te glo dat jou drome en talente net wensdenkery is nie. Drome en talente is nie wensdenkery nie, dit is bedoel om na te jaag en om ontwikkel te word sodat jy lewensvervulling kan ervaar.” As ’n ruspe weier om in sy kokon in te klim, sal hy nooit in ’n skoenlapper kan verander nie en sal hy verewig op die grond moet rondkruip, terwyl hy sal kan vlieg as hy net deur die proses van verander gaan.

Wat glo jy is God se roeping vir jou? Doen dit! God se werk deur jou word nie beperk deur jou vermoëns nie, maar deur jou bereidwilligheid! ’n Digter het gesê: “Jy is slegs verslaan as jy dink dat jy verslaan is. Jy sal nooit waag as jy nie dink dat jy kan nie. Jy sal nooit wen as jy oortuig daarvan is dat jy nie kan wen nie. Die lewe se gevegte word nie altyd deur die sterkste of die vinnigste man gewen nie, maar vroeër of later word dit gewen deur die man wat glo dat hy kan wen.”

© 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za