• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

RKToe Dawid in 1000 v.C. op Jerusalem gespioeneer het, was dit 'n onoorwonne vesting bewoon deur 'n ou vyand wat verklaar het: "Jy sal nooit hier inkom nie . Selfs die blindes en die lammes sal julle hier uit hou!" (2 Sam. 5:6, NLV). Was dit die einde van die storie? Nee, dit was net die begin! Die mure was hoog en die vyand was onverskrokke en beledigend. "Nogtans het Dawid die Sionsvesting verower. Dit word nou genoem die Stad van Dawid." Dit is wat mens 'n oorwinning noem!

Wat is jou vesting, die een gebied waar Satan sterk genoeg is om 'n houvas op jou te hê? 'n Skerp tong? 'n Veroordelende gesindheid? 'n Lae selfbeeld? 'n Stryd met 'n slegte gewoonte wat jy besig is om te verloor?

Wanneer die vyand sê: "Jy is vas, jy sal nooit hier uitkom nie," sê God: Nogtans [ten spyte van hoe dit op die oog af lyk]. Vestings beteken niks vir God nie, want "die kragtige wapens van God (kan) vestings vernietig," (2 Kor. 10:4, NAV). En Hy sal vir jou doen wat Hy vir Dawid gedoen het, sodra jy die volgende twee belangrike beginsels verstaan:

(1) Daar is twee stemme wat voortdurend gaan meeding vir jou aandag. Die een sê: "Moenie opgee nie, jy kan dit doen!" Die ander een sê: "Dit is hopeloos, jy sal dit nooit regkry nie!" Volg Dawid se voorbeeld en wees selektief na wie jy luister. Doof die stemme uit wat jou beledig van anderkant die vestingmuur. Maak soos Jesus en in plaas daarvan om met die duiwel te redeneer, sê eerder: "Moenie in my pad staan nie, Satan!" (Matt. 16:23, NAV).

(2) Kyk deur geloofsoë. Toe ander mure gesien het, het Dawid tonnels raakgesien. Hulle het op die probleme gefokus, maar Dawid het die moontlikhede gesoek. Omdat hy gedoen het wat niemand verwag het, het hy dit bereik wat niemand van gedroom het nie - en met God se hulp kan jy ook!

© 2007 Radiokansel.  / www.radiokansel.co.za