• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Sample ImageDit is nodig dat God betrokke raak by jou finansies, en betrokke bly. Jou finansies is die een gebied waar jy 'n interaktiewe verhouding met God kan beleef. Jy moet Hom uitnooi om deel te wees daarvan. Jy het seker nog nooit enigiemand die volgende hoor bid nie: "Here, ek het U al hierdie jare probeer weghou, terwyl ek my eie kop gevolg het. Nou, as 'n produk daarvan, is ek in 'n finansiële gemors. Maar ek dink steeds my plan is die beste. Ek sal dinge op my eie uitsorteer, en U kan gerus iemand anders gaan help." Nee! Wanneer alles onder ons inmekaartuimel, wil ons juis hê God moet betrokke raak in ons finansiële sake, sodat ons kan begin fokus daarop om Hom te oorreed om ons te red. Op daardie stadium word ons gebede 'n hulpkreet! "Help, Here! Stuur geld! Doen asseblief iets! Enigiets!"

Daar kom 'n stadium wanneer ons bereid is om te erken dat God in beheer is van alles. Skielik is ons nie meer skaam om Hom te vra vir wat ons die heeltyd geweet het Hy kan doen nie - om geld hier te beweeg, of finansiële druk daar te verlig.

Wat verhoed jou om vir God te vra om betrokke te raak, voordat die mat onder jou uitgeruk word? Maak dit nie meer sin om jouself so in te rig dat Hy direk kan inmeng so gou en so dikwels as moontlik nie? Paulus het geskryf: "God wat saad verskaf om te saai [nie om op te gaar nie!] ... sal ook aan julle saad gee [sodat jy meer kan saai!] ... Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees," (2 Kor. 9:10-11).

Kopiereg 2007 Radiokansel. www.radiokansel.co.za