• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

fienaFiena is ons oudste kat. Aanvanklik gedoop; Jakomiena Wilhelmina, staan sy ook bekend as Stefaansie, Faansie, Fanna en die afgelope paar jaar, sommer Ou Kat of Ou Vrou.

Ou Fiena is darem nie meer vandag se kat-kjênd nie. Sy is darem al in mense jare ‘n rype 20 jaar oud en in katjare word sy beskou as ‘n fossiel.

Ek het al ‘n paar keer die opmerking gemaak (tot hewige ontsteltenis van wie dit ook al aanhoor) dat Fiena 5 jaar gelede al vergeet het om dood te gaan (of wat katte ook al doen in so ‘n geval)

Wat anders kan dit wees as almal wat verby haar stap, stop om te kyk of sy nog asemhaal?

Fiena het ons een aand by die kafee verniet gekry. Ons jongste dogter wat vandag in haar middel twintig is, was destyds om en by 5 jaar oud. Joné het daardie aand met die katjie begin speel en die Griek het nie sy kans verspeel om die kat aan te bied vir haar terwyl sy ons met groot smekende ogies dophou nie.

Faansie het egter een saak in die lewe waaroor sy nie ‘n kompromie aangaan nie en dit is haar drinkwater. Die feit dat sy slegs lopende water drink mag dalk nie vir jou te erg klink nie, maar dit raak nogal ‘n probleem as sy eers in die stort twee slukkies vat, dan drie in die wasbak en dan vyf slukkies in die bad. Dan gaan sit sy vir 5 minute en tob watter kraan volgende is. Dis 'n probleem, veral 3 uur in die oggend!

Eintlik het sy my ‘n groot geestelike waarheid geleer en dit is wat ek met jou wil deel vandag; haar geduld. As sy dors word sal sy badkamer toe loop en met moeite ‘n “pad uitklim” om tot by die wasbak te kom. Daar sal sy gaan sit en geduldig wag tot jy eendag wakker word en in die badkamer inloop. Jy word begroet deur ‘n kat wat ‘n skielik tot lewe kom, met helder groot oê vol afwagting vir jou groet met ‘n miaau.

Dit gebeur byna daagliks.

Soms as die wag te lank word, sal sy jou roep, maar sy verlaat nie haar plek nie. En haar opgewondenheid is altyd dieselfde as jy daar aankom.

Mag ek en jy daardie geduld leer wanneer ons soms haastig word dat die Here ons moet help met ‘n uitkoms. Soms voel mens mos asof die Here jou vergeet het. Weet net dat Hy op wie ek en jy vertrou, nie slaap of sluimer soos ek waarmee ou Fiena moet sukkel nie. Die ironie is, dat sy al haar hoop op my, ‘n feilbare mens plaas om die kraan te kom oopdraai.

Kom ek en jy leer geduld in ons hoop op die Here in elke fasset van ons lewe.

Vreugde!

Johann