• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

20131028In my dagboek by 25 September 2012 en 25 Oktober 2012 staan die volgende inskrywings: Begrafnis: Willem Jacobs en Begrafnis: Johan Herselman. Wees verseker dis nie kliniese dagboekinskrywings nie. Nee, dis groot hartseer vir twee pragtige weduwees met jongerige kinders. My hart is stukkend vir hierdie gesinne. Beide Willem en Johan was wonderlike manne vir hulle vrouens en fantastiese pa’s vir hulle kinders: ‘n voorbeeld vir elke man wat leef in 2012.

Met beide die paaie, reise en prosesse wat gepaard gaan rondom sulke geleenthede het ek weereens gestoei met die verganklikheid van die mens en die verskriklike gevolge van die sondeval en die onvolmaaktheid van die wêreld. Soveel van die mooi in die lewe is deur die sondeval vernietig. Maar dankie tog, God buig af. God maak ‘n plan. Hy kom plant ‘n kruis. Hy gee sy Seun. Hy leef! Die dood is oorwin. Die dood is vernietig. Die dood se angel is uitgetrek.

Ja, Saulus in al sy glorie, rykdom en prominensie het ook hierdie Lig gesien nadat hy die Lig ontmoet het. Paulus se oë het ook oopgegaan dat alles in hierdie lewe eintlik waardeloos is. Om Jesus as enigste bate te verkry oortref alles in waarde. Jesus help Paulus om te fokus op die onverganklike en die ewige. Hy skryf dan ook in 2 Kor 4 : 18 :

‘’Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.’’

Dalk is hierdie spesifieke versie die grootste kuns van die lewe. Dalk is die verstaan, vat en leef hiervan die grootste oorwinning vir elke mens. Hou jou oog op die onverganklike. Leef met ‘n ewigheidsperspektief. Leef terwyl jy weet die onsigbare dinge is die belangrikste.

Johan Smith