• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

rollingStoneSoms as ons 'n probleem ondervind, doen ons wat Maria en Martha met hul oorlede broer Lasarus gedoen het. Ons begrawe dit en rol 'n klip daarvoor. Dan kom Jesus en vra dat ons die klip wegrol, sodat Hy daaraan aandag kan gee en ons weer heelmaak. Dit vereis eerlikheid, nederigheid en waagmoed om die klip van 'n halsstarrige of netelige kwessie weg te rol. Maar jy sal nooit gesond en heel word, alvorens jy nie bereid is om dit te doen nie.

Kan jy jou Lasarus se toestand voorstel na vier dae in die graf? Martha gesê, 'Here, hy ruik al.' Tog het Jesus gesê, '...jy moet glo, dan sal jy sien God sal wys dat Hy God is' (Joh 11:40). Die belangrikste van hierdie verhaal is dat ongeag hoe jou omstandighede versleg het of hoe onaangenaam dit ookal is, Jesus kan dit vir jou omkeer. Maar jy moet gewillig wees om die klip weg te rol en Hom toe te laat om te werk. As jy Hom kans gee, kan Hy vir jou teruggee wat die lewe van jou weggeneem het. Mense gee moed op, maar Jesus sal nie.

Het jy al 'n baba se doek omgeruil? As enigiets so sleg ruik, sal jy dit in die vullisdrom gooi, of hoe? Maar nie jou kind nie; jy is lief vir hom en besef dat, met 'n bietjie hulp, hy dit sal ontgroei en in staat wees om iets goeds te word. Soos Maria en Martha dink jy dalk dis te laat vir 'n wonderwerk, maar dit is nie. Jou geldsake stink dalk, jou verhoudings ruik dalk sleg, jou vooruitsigte lyk sleg, maar as jy hierdie sake na die Here toe bring, sal jy 'die openbaring van die wonderlike mag van God' sien (NV-1983)

Bron : Radiokansel (Inhoud aangepas)