• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

feeling-rejectedSoms beteken die woord "nee" eenvoudig "nie nou nie, maar vra later weer". Moet dus nie dat verwerping jou stop nie. Dis net as jy mislukking as finaal sien dat jy uiteindelik 'n mislukking is. Jesus het meer verwerping as enigiemand wat ooit geleef het ervaar. "Hy het na Sy eiendom toe gekom, en tog het Sy eie mense Hom nie aanvaar nie." (NLV). Het hy opgegee? Nee, Hy het ander mense gaan soek wat Sy waarde geken het. Iemand het dit wat jy het, nodig; dis noodsaaklik vir hul sukses. Die meeste goeie verkoopspersone weet dat 14 uit 15 mense nee sal sê. Dis hoekom hulle hul aanbiedings aan soveel mense moontlik maak - om die een te bereik wat ja gaan sê.

Jesus het gesê: "As hulle julle nie wil ontvang... nie... skud die stof van julle voete af." (Matteus 10:14 NLV). As jy verwerping teëkom, skud dit af en beweeg verder. Jy sal een of ander tyd suksesvol wees as jy nie opgee nie. Paulus skryf: "... hier staan nou 'n wye deur vir my oop... Daar is egter ook baie teenstanders." (1 Korintiërs 16:9 NLV). Geleentheid en teenkanting gaan saam. Die lewe gaan nie sukses vir jou op 'n silwer skinkbord aanbied nie; jy moet teëspoed oorkom en meer deursettingsvermoë as die opposisie hê om dit te kan maak. Net twee dinge is nodig: jou geloof en God se guns.

Bron : Radiokansel