• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

pbpDie lewe bestaan uit seisoene. As jy dit nie verstaan nie, sal jy gedurig gefrustreerd wees. Soms beleef jy 'n kort tydjie van intense groei, gevolg deur 'n langer tyd van stabilisering en toetsing. "Maar wat van my probleme?" vra jy dalk. Bid vir 'n wonderwerk, maar moenie teleurgesteld wees as jou antwoord deur geleidelike verandering kom nie. Jy is dalk gefrustreerd met hoe stadig jy vorder, maar God is nooit haastig nie. Hy het Moses 80 jaar lank voorberei, insluitende 40 jaar in die woestyn.

Moses het 14 600 dae lank gewonder: "Is dit al tyd?" Maar God het aanhou "nee" sê. Anders as wat die gewilde sielkundiges en die blitssukses-seminare 'n mens wil laat glo, is daar geen maklike paadjie tot volwassenheid nie. God maak oornag 'n sampioen, maar 'n reuse-akkerboom neem 100 jaar. God stel die program vas, nie ons nie. Wanneer jy moedeloos raak oor hoe ver jy nog moet gaan, stop en kyk bietjie terug na hoe ver God jou klaar gebring het.

Was daar nie tye wat jy net wou opgee nie? Tog het Hy nooit opgehou om jou lief te hê, in jou te glo en jou te ontwikkel nie. "Maar as ons ontrou is - Hy bly getrou..." (2 Tim 2:13 NLV). Jare gelede het mense 'n borsspeld met die letters PBPGINFWMY gedra (Please be patient, God is not finished with me yet).

Hy is nog nie klaar met jou nie!

Bron : Radiokansel