• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

Debbie RussellDebbie, 'n borrelende 37-jarige vrou wat vir The Word for You Today in Atlanta gewerk het, is na 'n kankerstryd oorlede. Mense van oral het vir haar genesing gebid. Die Here genees ons soms in antwoord op 'n geloofsgebed (Jak 5:14), en ander kere neem Hy ons hemel toe, wat Paulus as "verreweg die beste" beskryf (Fil. 1:23 NV). Hoekom? Ons weet nie, en God sê ook nie waarom nie. Paulus, wat die helfte van die Nuwe Testament geskryf het, het 'n bediening gehad wat wonderwerke ingesluit het en tog bely hy: "Ons ken maar gedeeltelik..." (1 Kor. 13:9 NV).

Pastoor James Bradley werp lig op hierdie moeilike onderwerp. Hy wys daarop dat daar in Hebreërs 11 staan dat sommiges "aan die swaard ontkom het" (Heb. 11:34 NV), terwyl ander "met die swaard vermoor" is (Heb. 11:37 NV). Maar kyk na vers 39: "...terwyl daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is." Bradley skryf: "Dis duidelik dat ons geloof nie altyd volgens resultate kan beoordeel nie. Geloof is 'n deug en waardevol op sy eie meriete. Ons geloof is nie gebaseer op wat ons kry nie, maar op Wie ons vertrou."

Met verwysing na Debbie se dood het hy geskryf: "Sy het nie haar geloof in die steek gelaat nie en haar geloof het haar nie in die steek gelaat nie. Sy was, en is, 'n wonderlike voorbeeld van vertroue op God in die moeilikste van die lewe se uitdagings. Sy is 'n geloofskampioen, en ek is geïnspireer deur haar onwrikbare geloof in en liefde vir die Here."

Bron : Radiokansel