• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

ushakaJesus het gesê dat Hy het gekom om diegene wat gevange gehou word deur vernietigende gewoontes, vry te maak, om insig te gee aan diegene wat geestelik blind is, om diegene wat sleg deur ander behandel is, op te hef, en om aan te kondig dat die tyd van God se guns oor ons gekom het. Die antieke kaarte van die oseane is op plekke met drake gemerk. Matrose wou nie soontoe gaan nie. Was die drake werklik? Nee, maar hulle was 'n werklikheid in die matrose se gedagtes. Stel jou 'n pylstertvis in 'n groot tenk by uShaka Marine World voor. 'n Glasversperring verdeel een helfte van die ander. Elke keer as die pylstert probeer om van die een kant van die tenk na die ander kant te swem, swem hy teen die glas vas. Die interessante ding is: selfs as die versperring weggeneem word, sal die pylstert nie verby daardie punt swem nie, omdat hy dink dat daar steeds 'n versperring is!

Satan sal hindernisse in jou gedagtes sit en sê dat jy nie verder as 'n sekere punt in die lewe kan gaan nie; dat jy nie meer as dit kan bereik nie. Moet hom nie glo nie! Jesus sê satan is 'n leuenaar. By God is daar geen perke nie, net onbeperkte krag. Die Bybel is vol stories van mense wat klein was, wat beperkings gehad het, wat vaal was, en in sommige gevalle, mense met misdaadrekords wat deur die versperrings gebreek het wat vir hulle buite hul bereik gelyk het, en God het hulle gebruik om ongelooflike dinge te doen.

Hy kan dit vir jou ook doen.

Bron : Radiokansel