• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

quindlenDawid skryf: "... al my lewensdae was in U boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is." (Ps 139:16 NV).

God het jou vir 'n rede op die aarde gesit, maar dit beteken nie dat ander mense dit sal verstaan of daarmee sal saamstem nie. Nehemia se kritici het gedink sy kop is te groot en dat hy net homself wou verryk. Paulus se kritici het hom 'n mal mens, 'n dwaas en 'n praatjiesmaker genoem. Christus se teenstanders het gesê Hy word deur 'n demoon beheer. Verwag dat jy aangeval gaan word, en moenie toelaat dat dit jou vordering keer nie.

Die joernalis Anna Quindlen, wat in 1992 die Pulitzerprys gewen het, het 'n droom in haar hart gehad wat haar op 'n koers geplaas het wat vir ander mense onverstaanbaar was. Sy het dit soos volg verduidelik toe sy die 2002-klas by die Sarah Lawrence College toegespreek het: "Toe ek by die New York Times bedank het om 'n voltydse ma te wees, het die wêreld gesê ek is van lotjie getik. Toe ek weer by die koerant bedank het om 'n skrywer te word, het hulle weer gesê ek is mal. Maar as jy nie volgens jou eie bepalings suksesvol is nie - as dit goed lyk vir die wêreld, maar nie goed voel in jou siel nie - is dit glad nie sukses nie."

As 'n droom van God af kom, sal dit vir mense buitensporig voorkom. Jy sal 'n klompie doemprofete moet oorkom om jou droom te bewaarheid. As iemand probeer om jou hoop te smoor of ontken dat jy vooruitgang maak, is daardie persoon dalk nie jou vriend nie.

Bron : Radiokansel