• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

victoryLWTerwyl ek op die Here wag vir ‘n boodskap vir 2014, ontvang ek twee woorde – “Geloof en Oorwinning!” Ek beleef dat Vader hierdie twee woorde soos saad in ons gees wil plant, en as ons toelaat dat dit ontkiem, ons letterlik ‘n oes op die lande sal inbring!

1Joh 5:4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Ons grootste fokus en verantwoordelikheid moet weereens duidelik gestel word: ons krag en oorwinning lê nie in ons self nie, maar in ons insluiting en assosiasie met Jesus Christus! Omdat ons uit God gebore is, dra ons dieselfde kenmerke as ons hemelse Vader- ons leef in oorwinning! Omdat ons uit God gebore is, is dit in ons geestelike natuur om elke uitdaging wat die lewe oor ons pad bring, slegs op een manier te hanteer; met geloof. “En dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof!” -1 Joh 5:4

Paulus motiveer ons om pro-aktiewe geloof uit te leef en te beoefen. 2Kor 13:5 “Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef.” Ek kies om in 2014 in geloof te wandel! Ek kies om te fokus op dit wat God se Woord verklaar, nie op dit wat die wêreld rondom my verklaar nie!

Om in geloof te wandel bring ons egter by terug na ander Woord-waarhede! Ek kan nie in geloof wandel sonder ‘n verhouding met God nie. Geloof vereis n geestelike verhouding. Gereelde gesprek en ervaring wat my gefokus hou, en God se Woord oor my lewe helder en vars in my gees hou.

Hierdie was deel van Jesus se oorwinningslewe. Hy was gereeld in gebed , het Sy Vader se wil verstaan en Hy het ‘n Woord oor Sy lewe gehad! Die Vader se Woorde het in Jesus se gees ge-eggo: “Hierdie is my geliefde Seun in wie ek ‘n welbehae het!” –Mat 3:17. Jesus se geloof het sterk op hierdie woorde geleun. Enkele weke later, na Jesus vir 40 dae nie geeet het nie, verklaar Hy in geloof “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” Mat 4:4 Dis die Woord uit my Vader se mond wat my geloof versterk en oorwinning teen die vyand bewerkstellig!

Later verklaar Petrus dat dieselfde woorde ‘eer en heerlikheid’ by Jesus se lewe gevoeg het! Geloofsoorwinnings kleur ons lewens in met kragtige getuienis van God se eer en heerlikheid in ons eie lewens! 2Pe 1:17 want Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe hierdie stem uit die luisterryke heerlikheid tot Hom gekom het: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Hoe lyk jou 2014 as jy daarna kyk uit in die gees? Hoe lyk jou toekoms en die uiteinde van jou lewe as jy God se woord hoor en in geloof leef?

Ek sien duisende gelowiges in deurbraak en oorwinning in 2014!

Neville Goodchild

(www.lewendewoordbfn.co.za)