• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

rescuer'n Foonoproep in die nagtelike ure, 'n kwaadaardige gewas, 'n kind verslaaf aan dwelms - as jy lank genoeg leef, sal jy gekonfronteer word met 'n krisis. En dis die krag van jou verhouding met God wat jou reaksie sal bepaal.

CS Lewis het gesê dat ons of die wysheid kan bekom uit 'n beproewing, of die beproewing bly herhaal tot ons dit "snap". 'n Ander skrywer wys daarop dat God se rampgereedheidspak in Psalm 31:25 te vinde is: "Wees sterk..." Hoekom? God veg namens jou. Jy moet God en jou oortuigings ken, en weet hoe om God se onbeperkte krag te gebruik. Jy is nie wie jy, of enigiemand anders, dink jy is nie. God sê jy is sterk. Glo Hom! Skep moed. Moenie toelaat dat jou pyn jou laat moed opgee nie. Vat die gebreekte stukkies en gee dit vir God. Kies om met liefde te lewe. Jy het hard gewerk om so ver te kom; werk nou saam met Hom om jou genesing te voltooi. Hoop op die Here. Moenie aandag skenk aan emosie, omstandighede of skinderstories nie.

Plaas jou hoop en jou drome op die altaar. God maak alle dinge nuut en moontlik. Alles behalwe die regte ding sal misluk. Ons maak ons vooruit gereed sodat ons reaksies onwillekeurig kan wees. Daar is geen situasie, versoeking of vraag waarop Efesiërs 6:10 nie van toepassing is nie: "Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag." God sê nie jy moet sterk wees op jou eie nie; vertrou op Sy krag en laat Hy doen wat vir jou die beste is.

Bron : Radiokansel