• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

theatreHet jy jouself al ooit hoor sê: "Ek raak so kwaad as hulle nie na my wil luister nie! Hoe kan ek hulle forseer om na my te luister en te hoor wat ek probeer sê?" Tensy jy aan 'n amptelike debat deelneem, is dit 'n mors van tyd om met iemand te stry wat nie bereid is om na jou te luister nie. Stel jou standpunt doelgerig en duidelik, maar moenie kwaad en stryerig raak as dit nie aanvaar word nie. Jy gaan net jouself en die verhouding seer maak as jy stryerig raak. Probeer om hierdie wyse woorde te onthou: "'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam..." (Spr. 15:1-2 NV).

In die Theatre Arts Magazine is 'n artikel geplaas oor een van die mees frustrerende gesprekke in die geskiedenis. 'n Intekenaar wat die tydskrif wou kontak, het die telefoongids se navraekantoor gebel om die tydskrif se nommer te kry. Die operateur het gesê: "Jammer, daar is niemand in die telefoongids met die naam Theodore Arts nie."

Die kliënt het volgehou dat dit nie 'n persoon is nie, maar 'n publikasie. "Ek is op soek na Theatre Arts!" het hy gesê. Die operateur maak haar stem 'n bietjie dik: "Ek het vir jou gesê ons het nie 'n nommer vir Theodore Arts nie!" Teen hierdie tyd kook die intekenaar al bietjie: "Die woord is 'theatre': T-H-E-A-T-R-E!" Die operateur reageer met net soveel sekerheid in haar stem: "Dis nie hoe mens Theodore spel nie!"

Argumente is 'n mors van tyd.

Bron : Radiokansel