• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

blossoms1408Dr. Ann Shorb skryf: "Die geheim daarvan om vreugde te vind in die verlede lê nie in die aantal goeie dinge wat gebeur het nie, maar om te onthou dat God onthou! Hy vergeet nooit Sy plan of Sy beloftes nie. Selfs as die lewe swaar is en nie sin maak nie, is Hy besig om Sy plan uit te voer." Die Bybel sê: "Die woord van die Here het tot my gekom: 'Wat sien jy, Jeremia?' Ek het geantwoord: 'Ek sien 'n amandeltak.' Die Here het geantwoord: 'Jy het reg gesien. Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het.'" (Jeremia 1:11-12 NV).

Amandelbloeisels beteken dis lente. Seisoensveranderinge is 'n teken van God se getrouheid. Dit gee jou die hoop dat die winterseisoen waarin jy nou is binnekort sal verander om nuwe lewe te bring. Hoe kan jy seker wees hiervan? Die Bybel sê God "...sal sy verbond altyd onthou..." (Psalm 105:8 NLV). In die lewe het elke belegging die moontlikheid van verlies. God het te veel in jou belê om toe te laat dat Sy planne vir jou lewe vernietig word. Die skade wat ander aan jou kan doen, word beperk deur die skild van God se doel vir jou. Selfs as jy nie bewus is daarvan nie, red Hy jou "...uit die kloue van die dood..." (DB). Dink na oor sommige van die deure wat Hy toegemaak het wat nie daardie tyd sin gemaak het vir jou nie.

Nou besef jy dat die vyand wat agter party van daardie deure gewag het jou sou vernietig sonder Sy leiding en beskerming, ne?

Bron : Radiokansel