• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

fondasies2405As jy met gevoelens van minderwaardigheid sukkel, gaan dit nie noodwendig help om langer te bid en harder te werk nie. Net soos 'n ou huis met 'n gekraakte fondasie, kan jy maar elke kamer oordoen - die vloere en plafonne sal aanhou sak totdat die huis uiteindelik inmekaarval. Jy moet die fondasie regmaak! Begin om jouself te sien soos God jou sien; slegs dan sal jy die stabiliteit en sekuriteit vind wat jy wil hê. Het jy enige idee hoe God oor jou voel? Hy sien jou as:

1) Waardig om lief te hê. "... jy [is] vir My kosbaar en belangrik... Ek [het] jou lief... moenie bang wees nie, want Ek is by jou." (4-5). Wat 'n versekering! Die Bybel sê: "Hy omvou [jou] vir altyd en bewaar [jou] van elke kwaad." (Deuteronomium 33:12 NLV). Wat 'n veilige posisie om in te wees!

2) Waardevol. As jy as 'n verwerpte mens grootgeword het, het jy die verkeerde boodskap gekry. God het jou waarde by die kruis bepaal. "... die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf." (Galasiërs 2:20 NLV).

3) Bekwaam. As jy nie grootword in 'n ondersteunende omgewing nie, kan jy uiteindelik min vertroue in jou eie vermoëns hê. Dit is hoekom ons kompenseer deur te oorpresteer. God weet egter dat jy bekwaam is, want Hy het "... aan elkeen... 'n genadegawe gegee." (1 Petrus 4:10 NLV).

Moenie dat enige iemand jou vertel jou lewe maak nie saak nie. Dit maak saak, want God sê so!

Bron : Radiokansel