• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

0502 024104Derdens leer jy die geheim van gebed. Voel jy verlore in onbekende waters en onseker oor wat jy volgende moet doen? God gebruik sulke tye om jou terug te roep na Hom en jou aan te moedig om op Hom te steun, want Hy is jou getroue bron van krag en wysheid. Hou op om alles self te probeer doen! God sê: "Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie."

Vat jou probleem na die Here toe en vra Hom vir 'n oplossing; Hy sal jou nie teleurstel nie. "...Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking." (Jakobus 5:16 NV). In die vierde plek leer jy die krag van geduld. As die Heilige Gees 'n rigting vir jou aandui en 'n doelwit of droom in jou hart sit, is dit maklik om te verwag dat dit oornag moet gebeur. Tydsberekening is van die uiterste belang - en dis onder God se beheer en nie joune nie! God se tydsberekening is noodsaaklik om die twee kenmerke wat jy nodig het - geloof en hoop - te ontwikkel. "Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding." (Romeine 8:25 NV).

Terwyl jy geduld leer, is God besig om die omstandighede vir jou voor te berei en ook die eienskappe van Christus in jou te kweek. Die Psalmskrywer het geskryf dat sy hoop in God gelê het. Waarin lê jou hoop? So lank as wat jou hoop in enige iets anders as God se getroue liefde en goedheid is, sal jy worstel met onsekerheid.

Bron : Radiokansel