• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

infuence1504Elke terroris was op 'n stadium 'n kind gewees; elke sendeling ook. Die verskil tussen die twee is dikwels die invloed van 'n ouer.

Samuel die Profeet het Israel vir 40 jaar gelei en hy het vir Koning Dawid met van sy belangrikste besluite gehelp. Sy ma het die grootste invloed op sy lewe gehad. "En ek het besluit om hom vir die Here te leen. Hy sal sy hele lewe lank iemand wees wat ek vir die Here geleen het." (1 Samuel 1:28 DBA).

Terwyl jy jou kinders het, moet jy hulle vashou, liefhê, bemagtig en na hulle omsien. Jy moet egter verstaan dat jy slegs 'n rentmeester is en nie hul eienaar nie. Jou kinders behoort aan God!

Eendag gaan hulle grootword en jou huis verlaat. Maak seker dat hulle 'n geestelike anker het, want hul lewens sal vol storms wees. Moenie die krag van 'n ouer se gebed onderskat nie. As jy nie tyd het om vir jou kinders te bid nie, doen jy te veel. Daar is niks wat meer spesiaal of kosbaar is as die tyd wat 'n ouer spandeer in gesprek met God oor 'n kind nie. Dis nie te laat vir die kind wat jou hartseer gemaak het nie. Dink aan die pyn wat Jesus se ma ervaar het toe sy moes sien dat haar Seun gekruisig word. Dink ook aan die blydskap wat sy ervaar het toe Hy uit die dood uit opgewek is.

Jy kan jou lewe lank wonder of jou gebede verhoor word, maar moet nooit ophou bid nie.

God luister as 'n ma bid.

Bron: Radiokansel