• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

lbw0703Skoongeboul of been voor paaltjie uitgegee. Dit klink mos onregverdig is my eerste gedagte. So is die lewe ook deurspek met op die oog af onregverdighede. Swaar kry en stakings, ongelukke en hartseer. Soms voel jy en ek of die sutuasie net nie verander nie, Dit het my laat dink aan ‘n eendag krieketwedstryd. As kolwer in die wedstryd het jy nie beheer oor die boulaanval nie, maar jy bepaal wel jou reaksie en watter hou jy gaan speel.

Wat bepaal dus die kwaliteit van jou spel?

  • Die sinvolle gebruik van jou vryheid om keuses te maak. Koester die geleenthede in die lewe wat jy het om in vryheid te kan leef en te kan kies.
  • Fokus op jou unieke eienskappe en persoonlikheid. Ken jouself!
  • Kies jou beste reaksie op die bal wat geboul word. Jy moet of verdedig of aanval.
  • Hierdie reaksie maak van ‘n die swakste boulaflewering die beste bal vir ‘n kolwer en die swakste hou bring die beste boulaanval navore.
  • Begin elke keer weer nuut na ‘n verloorslag, gee weer alles soos in die spel van die lewe.
  • As jy herhaaldelik geboul word, moenie die skeidsregter die skuld gee nie, maar doen selfondersoek. Onthou as jy aanhou iets doen wat nie die regte resultate lewer nie, vra vir jouself die vraag af of dit wat jy doen nog werk, indien nie, soek na nuwe moontlikhede.

Onthou sukses selfs op die sportveld, is soos die lewe, soms word jy geboul, soms slaan jy ‘n ses- die sleutel is egter om aan te hou!

Stephan van Heerden (Klipkerk.co.za)