• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

matthew-arnold2102Laat ons nog 'n keer kyk na wat sommige van die mees uitstaande mense in die geskiedenis oor die Bybel gesê het.

Matthew Arnold: 'Mense sal na die Bybel terugkeer want hulle kan nie daarsonder nie. Die ware God is, en moet by uitstek die God van die Bybel wees, die ewige, uit wie se regverdigheid Jesus na vore gekom het, en wie se gees die koers van die mensdom beheer.'

George Washington: 'Dit is onmoontlik om die wêreld reg te regeer sonder God en die Bybel.'

Thomas Jefferson: 'Die Bybel is die hoeksteen van vryheid.' Horace Greeley: 'Dit is onmoontlik om Bybel-lesende mense geestelik of sosiaal te verslaaf.'

Patrick Henry: 'Hierdie is 'n boek wat meer werd is as alle ander boeke wat ooit gedruk is.'

William McKinley: 'Hoe dieper ons hierdie wonderlike boek bestudeer en hoe nougeset ons sy goddelike voorskrifte navolg, soveel te beter sal ons burgers word en hoe hoër sal die lot van ons nasie wees.'

J. Edgar Hoover: 'Inspirasie was die dryfveer vir Amerika se fenomenale groei. Inspirasie was die grondslag vir Amerika se grootsheid. Inspirasie was die verskil tussen nederlaag en oorwinning in Amerika se oorloë. En dis inspirasie wat gekom het van geloof in God, geloof in die leringe van die Bergrede, en geloof in die wete dat die Heilige Bybel die geïnspireerde Woord van God is. Om dit in die binnekring van die familie te lees, is vandag belangriker as ooit tevore. Dit bring die familie saam in 'n nouer band. Dit gee elke lid die geloof waarby ons kan leef.'

Jou Bybel - lees dit elke dag!

Bron : Radiokansel