• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
victory

Drikus* het vyf jaar gelede sy lewe oorgegee aan Jesus Christus en Hom aangeneem as sy Saligmaker. Hy aanbid getrou in n gemeente en lees gereeld sy Bybel. Drikus* kry egter in verskeie areas van sy lewe nie oorwinning oor verkeerde gewoontes nie. Hy voel hy faal homself en die Here, en verloor telkens sy vrymoedigheid. Elke keer wat hy verkeerde besluite neem voel hy skuldig en onwaardig. Hy vertel dat alhoewel hy lief is vir die Here, hy nie noodwendig voel hy is in oorwinning nie. Hy het al...

Read more: Die Outoriteit Van Die Gelowige (1)

502504642 295x166

Kliek hier vir die video weergawe

Dis treffend dat die koms van Jesus aangekondig is met beloftes van vrede. Sy geboorte sou die mensdom inlei in vrede in, en volgens Jesaja sou Hy selfs die Vredevors genoem word. Die profeet maak melding van ‘n ‘vrede sonder einde’ onder Sy heerskappy.

Wanneer Jesus sy dissipels voorberei op Sy terugkeer na die Vader toe, gee Hy Sy vrede vir hulle. Hy sê ook dat Hy die wêreld oorwin het, en ons daarom kan moed hou! (Joh 16:33)

Jesus se belofte van vrede is...

Read more: Vrede vir jou huis! 

toothpaste

Ek raak een oggend bewus van die tandepasta buisies in ons badkamer waarvan die een so te sê leeg was. Wat my opgeval het was die een wat basies leeg was, maar nog so een of twee keer se borsel sarsies inhet. Om die laaste bietjie tandepaste in die hande te kry druk mens mos die buisie se kop later dat hy knak.

Dit het my laat dink aan mense wie se lewenskrag deur omstandighede uitgemergel is, ‘n geknakte gees. ‘n Siel wat in die woestyn ronddwaal, elke dag ‘n herhaling van gister met geen...

Read more: Leë tandepastebuisie

fiena

Fiena is ons oudste kat. Aanvanklik gedoop; Jakomiena Wilhelmina, staan sy ook bekend as Stefaansie, Faansie, Fanna en die afgelope paar jaar, sommer Ou Kat of Ou Vrou.

Ou Fiena is darem nie meer vandag se kat-kjênd nie. Sy is darem al in mense jare ‘n rype 20 jaar oud en in katjare word sy beskou as ‘n fossiel.

Ek het al ‘n paar keer die opmerking gemaak (tot hewige ontsteltenis van wie dit ook al aanhoor) dat Fiena 5 jaar gelede al vergeet het om dood te gaan (of wat katte ook al doen in...

Read more: Geduld