"The president of
Dis die byskrifte wat hierdie prent vergesel. ‘n Tydjie gelede het ek op my webwerf 'n opname gedoen oor hoe mens voel en reageer oor hierdie voorwaardelike e-posse. Een van die antwoord keuses was, “ek stuur dit aan want ek is bang iets gebeur.” Dit was een van die opsies wat gemerk was.
Die e-pos met hierdie inhoud het ook by my uitgekom. Net met ‘n ander opskif daarby : “Lees ‘n bietjie hierdie ketting e-pos gemors!!!!”Wie weet, dalk het dit (of soortgelyke) ook al by jou uitgekom. Daar is basies twee redes hoekom mense dit sou aanstuur. Vrees of onkunde. Onkunde, want jy het nie regtig gelees wat dit behels nie, of jy besef nie regtig wat dit beteken nie. Dalk uit vrees vir “ek wil eerder nie ‘n
Kom ek stel jou gerus: Dis geniune gemors, want dit staan nie so in die Bybel aangeteken nie. Dit bots trompop met die karakter en natuur van Jesus. Dis hemele verwyder van die waarheid. As jy steeds dalk ‘n bietjie twyfel vra jouself die volgende vraag;
Nou wat is hierdie tipe e-posse dan anders as ‘n dreigement, ‘n voorwaardelike seën?
Doen die volgende as jy weer so ‘n e-pos kry: Stuur dit terug met die volgende boodskap;
“Jammer, ketting gebreek – ek weet nie watter god is hier ter sprake nie. Die God wat ek dien is ‘n God van genade en liefde. Kom ons gaan drink koffie dan vertel ek jou meer van Hom.”
Seëninge vir jou hierdie week, leef in oorwinning en nie in vrees nie!
Johann
| < Prev | Next > |
|---|
Home
CUM Books
Articles and Stories
Devotionals
Multimedia
Humor & Cartoons
Comments

