
Die eerste een links bo wat ek kry is : Ontspan, God is in beheer. Ek glimlag by myself. Max Lucado se dagstukkie wat ons gebruik word net so tjop-tjop tussen 'n bondel uitgevis. Dit lees : Ontspan, jy het vriende in hoë plekke. Nou begin ek dink. Waarnatoe is die Here besig om hiermee te gaan?
'n Man los per ongeluk hulle voordeur oop en hulle hond glip daar uit. Na 'n onsuksesvolle gefluit en geroep is die hond steeds soek. Hy klim lateraan in sy motor en ry deur die woonbuurt op soek na hulle hond. Om en om die blok ry hy sonder enige sukses. Naderhand kry hy ander mense wat in die straat afstap, stop langs hulle en verneem of hulle nie dalk sy hond gesien het nie.
"Bedoel jy die hond wat agter jou aanhardloop?" vra hulle hom.
Dit het so vir my op daardie oomblik regtig gevoel of die Here vir iemand wil sê om te ontspan. Angstigheid maak 'n groot deel uit van jou dag. As jy jou kom kry, tob jy oor die Here en wonder jy of die Here se beloftes vasstaan. Sal die Here daardie uitkoms gee? En die vyand geniet sulke situasies, want jy is aan die hardloop, besig om jou vrymoedigheid en vrede te verloor.
Het jy dalk nodig om dit vandag te hoor?
Luister dan wat die Here nou vir jou sê : "Ontspan, God wat jou vriend in die hoogste plek is, is in beheer."
Johann
| < Prev | Next > |
|---|
Home
CUM Books
Articles and Stories
Devotionals
Multimedia
Humor & Cartoons
Comments

