Subscribe and receive a devotional 3 times a week containing inspiration and humor published on this site. Your information is safe and will not be shared with anyone. | Teken in vandag en ontvang ons dagstukkie en humor 3 maal per week. Jou inligting is veilig en word nie met enige ander persoon gedeel nie.

Johann's Blog Menu

Laat los en laat God PDF Print E-mail
Written by Johann de Jager   

letgo3007

Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie.

Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons soms (en veral soms) moet stry om werklik vas te hou aan die beloftes en vrede van God. Ek weet jy kan hiermee identifiseer. In die een of ander vorm het elkeen maar hiermee te doen. Jy weet, in 'n “gemiddelde” twyfelling wonder ons soms of God werklik Sy beloftes gaan nakom. In “erge” vertwyfelling wonder ons soms of daar 'n God is. Ek weet dit klink dalk snaaks, maar byt vas, ek is oppad êrens heen hiermee. Ek het die neiging om self deur 'n paar "checklists" te hardloop wanneer ek begin swaartrek. Een daarvan is om werklik God te vertrou om Sy "gewaarborge" vrede oor my hart en gedagtes los te laat. Maar vanoggend besef ek ons fokus hier rondom ons en ons onmiddelike. 'n Deurbraak, uitkoms en dies meer.

Kom ek gee jou 'n ander perspektief. As daar nie 'n God sou wees nie, waarheen gaan jou siel dan? Bekommer jy jou regtig ooit hieroor? Ek gaan 'n kans vat en sê "Nee". (As jy Jesus nie persoonlik ken nie, dan wil ek nie doekies omdraai nie. Wees dan baie bekommerd...en doen iets daaromtrent, kry die Lewe, kry Jesus) Maar wanneer ons Hom aangeneem het dan tob ons mos nie regtig of ek hemel toe gaan of nie. Dis 'n sekerheid. Amper asof jy regmaak vir 'n lewensgevaarlike hartoperasie en al waaroor jy bekommerd is, is of jou valstande dalk in die pannetjie onder die bed kan val en jy nog nie by gaan wees as hulle dit terugsit nie.

Dit waaroor jy moet bekommerd wees is vir jou geen probleem nie, want jy het 'n blinde vertroue in die hartspesialis, maar daai tanne waaroor jy voel jy geen beheer gaan hê nie, dis die issue hier!

Herhinner jouself volgende keer dat God wat uitkyk oor jou "ewigheid", ook jou "tydelike" onder totale beheer het.

Laat los en laat God en vertrou blindelings

Johann

 

Subscribe to our newsletter

Every weekday we send out an inspirational email containing the latest additions to this website. Subscription is free and you don't have to join our church :)


Solomon Islands.png
United States of America(USA).png
Tonga.png