
'n Paar jaar gelede word ek vir 'n ses geslaan in Petrusville. Ons was besig met voorbereiding vir 'n musiekevangelisasie uitreiking toe ons stop by 'n kafeetjie vir koeldrank.
"My Lanie" skop hy af.
"Kan ek asb net iets vir jou vertel?"
"Ek wil graag vir my net 'n six pack koop. Wil jy nie asb help nie?"
Ek is sprakeloos en help sowaar die man in sy kwaad! (dalk moes ek eerder vir hom 'n krat melk gekoop het...)
Die man het nie doekies omgedraai nie, hy was blatant eerlik oor sy behoefte.
Dit gaan veel dieper as dit. Eerlikheid het een vername eienskap. Dit maak vry. Vry van skuldgevoelens, Vry van emosionele bindinge. Dit bring heling. Breek mure af. Bou verhoudings. Gee nuwe geleenthede.
Solank as wat jy nie eerlik is nie, is jy 'n slaaf, 'n gevangene, vasgeboei in kettings.
Die Woord sê nie verniet, "Die waarheid sal jou vry maak" nie.
Johann
| < Prev | Next > |
|---|
Home
CUM Books
Articles and Stories
Devotionals
Multimedia
Humor & Cartoons
Comments

