image1.jpg

Newsflash

Verse of the day

Die Eerste Tree

Locations of visitors to this page
Home / Voorblad arrow Oor Ons Bediening
Oor Ons Bediening PDF Print E-mail
Written by Johann   

JbayOns bediening is in die  asemrowende mooi  Kaapse skiereiland geleë.

Ons beskou onsself as ‘n baie spesiale en kosbare bediening . Die rede hiervoor is dat ons  deur Christus geroep is om elke mens te bedien wat Hy oor ons pad bring . Ons bedien hulle met die onvoorwaardelike liefde en genade en barmhartig van God . Ons bedien hulle sonder om enigsins te oordeel of mensgemaakte geestelike reëls aan hulle voor te hou . Ons is nie aan enige denominasie gekoppel nie , juis omdat ons glo dat ons nie die evangelie met mense kan deel met die vertrekpunt dat hulle sekere kerklike leerstellings en reëls en tradisies later sal moet onderskryf en nakom , voordat hulle deur ons aanvaar sal word nie . Ons respekteer denominasionele bedieninge in die sin dat ons sien dat Christus by hulle verkondig word , maar ons glo nie in al die bagasie wat daarmee saamgaan nie .

Ons glo dat daar slegs een Liggaam van Christus is . Dat Christus die enigste Hoof daarvan is . Aan hierdie enigste Kerk behoort elke mens van reg oor die wêreld wat in Christus glo . Die Woord sê jy word deur die Heilige Gees in hierdie een Liggaam van Christus ingedoop en is een met Christus en met almal wat aan Hom behoort . Daar is nie lidmaatskap formaliteite nodig om aan die gemeente te behoort nie . Ons enigste bron van waarheid is die Woord van God alleen . Ons glo dat die Heilige Gees jou in alle waarheid sal lei  waar jy onder die krag van die suiwer Woord van God kom . Ons hoef jou nie in sekere denkrigtings in te forseer met leerstellinge wat nie die toets van die Woord kan deurstaan nie .

Ons kom weekliks as ‘n gemeenskap van gelowiges bymekaar .

Dit is deur die genade van Christus alleen dat ons bymekaar geroep is . Ons verheug ons daarin dat Hy ons vrygemaak het . Ons is waarlik vry en sal ons nie onder verpligting laat bring deur enigiemand nie . Ons ontvang daagliks genade op genade en ons bedien daagliks genade op genade . Watter vreugde is dit nie !!