Phoca Guestbook

We enjoy and appreciate your comments and feedback. Please take a minute to say "hello". To enter a comment, simply click on the link below.

Ons geniet en waardeer julle kommentaar en terugvoering. Spandeer gerus net 'n minuut om "hallo" te sê. Kliek die "Post Message" skakel hieronder om 'n boodskap by te voeg.

Post Message

Title:
Name:
E-mail:
Content:
Image Verification: Captcha ImageReload Image
   
 

Marlene: Dankie

Groete met groot dankbaarheid vir jou gereelde inspirasie en opbou en ook met vertroue dat jy steeds aanhoudend gelaaf en verfris word. (Psalm 84:6-8)

Wednesday, 14 April 2010

Sonja: Thank you

Thank you for all the messages up to now, it has truly meant much to me often. God bless you and the wonderful work that you are doing

Saturday, 27 March 2010

Pierre: Dankie

Ek waardeer jou inspirasie vir elke dag! Dit is baie insiggewend en bietjie anders as die ander daaglikse ‘bemoedigings gesprekke'

Monday, 01 March 2010

C: Dankie

Dit is waarlik 'n blessing om die Devotionals te ontvang.

Friday, 05 February 2010

Guest: Me

Ek beleef regtig 'n miserable dag. En sommer uit pure moedeloosheid klik ek weer op vanoggend se stukkie. (Die stukkie was bedoel vir my.) Uit die hoek van my oog sien ek "Dink jy aan opgee? Moenie" - klik daarop en lees. Maar hier kom die uitsonderlike: terwyl ek dit lees, is my radio aan en speel die Hallelujakoor uit die Messias!! Ek lees dus nie net nie - ek hoor dit ook. God sorg vir elkeen van ons op wonderbaarlike en uitsonderlike manier.

Monday, 01 February 2010

Hester: Baie dankie

Ek wil graag BAIE DANKIE se vir al die wonderlike dagstukkies wat jy met soveel passie en liefde vir ons saamstel, ek weet dit verg baie  tyd,  aandag,  opsoek en wat ookal daarmee gepaard gaan om dit vir ons elke dag betyds op ons rekenaars te kry. 

Ek wens jou en jou gesin 'n geseende feesgety toe en dat julle darem  'n paar dae sal kan afskaal en 'n bietjie rus inkry.   

Nogmaals dankie.

Friday, 18 December 2009

Conrad: Daily Devotional

Johann, Die Daily Devotional van jou is al ‘n geruime tyd ‘n Sang in ons lewe wat ons elke oggend vroeg begroet, met beloftes van genade en voorspoed....

Thursday, 05 November 2009

Hester: Dankie

Ek wil net weer BAIE dankie se vir elke dag se dagstukkies - dit is soooooooooo kosbaar en ek kan net dink hoeveel tyd daaraan spandeer om alles op te lees, te soek en agtermekaar te sit - ek waardeer dit

Wednesday, 21 October 2009

Marlene: Inspirerende bediening

Baie dankie weereens vir 'n genotvolle, bemoedigende, inspirerende bediening!!!

Dankie vir jou "ek beleef" wat jy met ons deel Johann.  

Ons geniet en waardeer Israel en sy ryk verskeidenheid mense en ag dit 'n voorreg om in 'n tyd soos hierdie waarin ons leef hier te mag dien.  

Weereens baie dankie vir Ministriesworldwide!  Die siel wat laaf sal self gelaaf word!  

Met groot waardering en seenwense

Tuesday, 20 October 2009

W: Dankie

Dankie vir jou mooi boodskappies elke dag - ek waardeer dit

Wednesday, 16 September 2009

Meloni: Dankie!

Ek wil net dankie sê vir die dagstukkies elke dag, ek "forward" dit aan my vriende en almal is te dankbaar vir die pad kos op `n lang pad.

Wednesday, 09 September 2009

Marius: Thanks

Thanks again Johann, Means so much to me !!!!!

God Bless !!!

Wednesday, 09 September 2009

C: Thank you

Thank you so much for todays messages

03/09/2009

Thursday, 03 September 2009

H: Thank you

Thank you so much for the emails.... appreciate it more than you would ever know...

Monday, 31 August 2009

Dave: Dankie

Baie, baie dankie vir die afgelope jare se Ministries elke oggend ontvang.  Jou werk is awesome. Baie dankie

Sterkte met jou great werk en hou so aan, dit het werklik ‘n impak op mense om die wereld.

Monday, 31 August 2009

Deon: Wat Moses oorgekom het (2)

Jy sal nie weet hoe hierdie boodskap oor moses se oorkomings (2) vanoggend ons harte roer nie. dit is 'n boodskap vir ons reg vanaf God.

ons is nou 9 maande hier in mauritius nadat ons 6 jaar gelede 'n profesie ontvang het dat ons in die land van die coconuts (nie spesifiek gese waar nie) God se woord sal gaan uitdra. ons was in sept laas jaar hier vir vakansie en op 3 verskillende geleenthede in 2 weke het vreemdelinge na ons toe aangekom met die boodskap dat God se dit is nou die tyd en die plek. ons het dit aan Hom oorgelaat en gese Hy moet die pad vir ons oopmaak.

ons het verlede jaar 'n baie slegte finansiele jaar in ons besigheid beleef deur besigheid te doen met kinders van die wereld en het om en by R500 000 verloor. dus was ons finansieel nie in staat om enigsens hierheen te kom sonder God se hulp nie. die vakansie was reeds in januarie betaal en dit was al rede hoekom ons kon kom. om dus weer hierheen te kom was in ons mind onmoontlik. maar by God is alles moontlik en binne 2 weke is alles wat ons besit het verkoop, karre, lorries, gereedskap, karavaan en ons het die geld vir die vliegtuigkaartjies, 'n maand se verblyf en nog ekstra geld vir die onbekende uitgawes gehad.

presies 1 maand sedert ons laas die land verlaat het was ons terug. dit is nou 9 maande later en die pad was nog nie een dag maklik nie. dit is eensaam hier, ver van die bekende, sonder familie en vriende, MAAR GOD IS HIER. Hy het ons nog nie een dag alleen gelaat nie. ons het elke dag nog Sy voorsiening in ons lewe ervaar en ons is nou in die fase waar God ons laat dwaal in die woestyn. om ons te leer wat ons hier moet doen.

ons dra Sy lig uit. ons dra Sy boodskap oor en ons is dag en nag op ons kniee. dankie vir hierdie bemoedigende boodskap.

bid ook dat God vir ons nog deure hier sal oop maak en dat ons met nog meer mense hier in aanraking sal kom wat God se boodskap moet leer. die eilandbewoners is of Hindu, Moslem of Katoliek. dus is hier baaaaaiiiiieeeee siele om vir God te wen.

Boeta, ek waardeer jou skrywe so geweldig baie - ek kan sien te midde van die pad wat julle stap dat jy passievol is oor Vader en die toekoms. Dis so uit die Hand van die Here as wat kan kom en dit is aansteeklik en op sy beurt ongelooflik bemoedigend vir my. Ons gaan maar ook deur 'n paar uitdagings en soms verloor ek perspektief en derhalwe is jou skrywe so welkom.

Vader is getrou en in staat tot soveel meer as wat ons ook aan kan dink of beplan.

Ek bring julle sommer hier naby my hart in en sal vir julle intree by Vader.

Blessings daar!

Johann

Sunday, 16 August 2009

C: Inspiration

Thank you for the most beautiful inspiration  - I really need them right now

Wednesday, 12 August 2009

Deon: Dagstukkies

Dankie vir julle emails wat ons daagliks ontvang.  Dit is vir ons 'n wonderlike inspirasie hier in Mauritius

Tuesday, 28 July 2009

Sonette: Dagstukkies

Baie dankie vir die dagstukkies wat jy so getrou aanstuur, dit maak regtig ‘n verskil in my dag.

Sunday, 12 July 2009

Hester: Dankie

Ek wil net vir jou BAIE dankie se vir al die navorsing, moeite en wat jy ookal doen om al hierdie wonderlike "inspirations" daagliks vir ons bymekaar te sit - ek weet dat dit baie effort neem en ek waardeer dit opreg.!!!!!!!!!!!!!!

Tuesday, 16 June 2009

Bertus: Tiendes

Baie lekker op jou website gekuier vanoggend . Ek hou baie van jou artikel oor die tiendes.

Sunday, 07 June 2009

Brenda: Dagstukkies

Baie dankie vir die daaglikse inspirasie!

Friday, 22 May 2009

Ansie: Webwerf

Julle web is vir my baie interessant.

Sunday, 17 May 2009

Stephen: Artikel : Verlore vakansiedag

Excellent stuk oor die Verlore vakansiedag!

Friday, 17 April 2009

Zelka: Artikels

Lekker om te sien jy skryf weer.

Thursday, 16 April 2009

Lynn: Artkel : Draf-loop

Môre Johann, ek het jou Draf-loop verskriklik geniet!!!!!!!!!!!!!!!!!!Ek het ‘n goeie kwota lag ingekry vir die dag, dankie man!!!!!!!! Die einde is nog beter, dis so kalmerend om die waarheid te weet…………………

Thursday, 16 April 2009

Bertus: Webwerf

Wow my boet julle website by PFJ lyk nou regtig egtig BAIE goed . Mens voel jy wil net daar bly en al die ander werk vir die dag los.

Wednesday, 08 April 2009

Riekie: Webblad

Wow!! Dis is 'n GREAT webblad!!!! Baie dankie vir julle harde werk!! Ek's skoon spyt dat ek al die tyd uit ge mis het!

Thursday, 09 April 2009

Eldri: Kuberbrief

Johann, Ek is mal oor julle kuberbrief!!

Dit sit lig in mens se dag!

Thursday, 09 April 2009

Hester: Dankie

Ek moet eerder se baie baie duisende dankie vir die geeslike inspraak in ons lewens elke dag, want dit wat die oog sien maak die donkerte ligDUISENDE DANKIES EN TONNE SEENINGE VAN BO

Wednesday, 08 April 2009

Gerald: Ietsie om met jou te deel

Ek wil graag iets met jou deel! Ek staan absoluut in verbasing op die wonderlike manier hoe God besig is om Sy kinders te lei en te leer. Orals waar ek betrokke is in die “Home-Cell”, die ander mede Christene met wie ek praat oor God, en die boodskap wat ek van verskeie oorde van God af ontvang, kom dieselfde boodskappe van God af deur, op verskeie manier hoe Hy dit wil. Jesus, is besig om op ‘n kragtige manier, Sy Woord te versprei, en al wat ons moet doen, is om ons ore op te maak, sensitief te wees vir die Heilige Gees, en in geloof die pad saam met Hom te stap.

Ek weet dit klink so maklik as ‘n mens dit so lees, dit is nie, en Hy het ook nie gesê dat dit maklik gaan wees nie, maar ek weet, dat Hy ons almal ontsettend lief het, dat Hy vir ons elke dag die krag gee, om alle reuse te verslaan, om elke dag deur Sy woord te kan lewe, en om te weet, dat as ons elke dag, in alles wat ons doen, ons beste vir Hom te doen, en om eer aan Sy Naam te bring, al sy beste wense en beloftes vir ons sal volg. Hy wild it vir ons doen en Hy sal. Ons weet nie wanneer nie, maar raak opgewonde, want dit is oppad. God sê in Sy Woord, soek eers die Koninkryk van God, en die res sal volg.

Ek het geleer, ek moet vergeet van myself, sien die groot nood rondom jou raak, bring eer aan God, laat God jou gebruik om vir ander die grootste geskenk te kan gee, naamlik Jesus Christus, en God sal Sy Woord en Sy beloftes gestand doen.

Johann, mag alle beloftes wat God aan jou en jou gesin belowe het, vir julle openbaar word

Wednesday, 08 April 2009

Brenda: Dankie

Baie dankie vir die boodskappe deur die jaar.  Dit het regtig baie beteken vir my.

Wednesday, 08 April 2009

Marlene: Dankie

Johan, so baie dankie weereens vir al die lieflike....kan jy glo, woorde ontbreek.....inspirasies!   Die Here seen jou en Zelda Met groot waardering

Wednesday, 08 April 2009

 

Display Num 
Powered by Phoca Guestbook