“Ons lewe was besonders en out of the box,” sê Melanie Mocke, vrou van Johan en ma van Zander (15) wat verlede week gesterf het toe hulle op die Mount Everest-wildplaas brande bestry het. “Ek hanteer hul dood met ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan.”
Sy beskryf Johan as ’n baanbreker, iemand wat nie bestaande paaie sou gevolg het nie, maar nuwe paaie sou maak. Omdat hulle in die bediening was, is hul kinders tuis onderrig.
Melanie sê Christus is hul gesin se lewe.
“Alles gebeur sodat ’n...
Read more: Vrou praat oor groot vrede na man, seun se branddood
“DIE Here het nie net Ciara volkome genees nie, maar ook my, my vrou en ons as gesin se lewe vir altyd verander.”
Só het dr. Ferdi Wesso, die Cheetahs se spandokter, eergisteraand in sy getuienis op ’n dankseggingsdiens gesê nadat sy dogter, Ciara (1), volkome genees is nadat sy twee weke gelede byna in die gesin se swembad verdrink het.
Hy het getuig hoe hul wonderwerk Woensdagoggend voltooi is toe ’n pediater van die stad aan hom en sy vrou, Charlotte, gesê het hul kind is volkome...
KIMBERLEY. – ’n Kalahari-boer was só oorstelp toe die reën gekom het waarvoor hy so lank gebid het, dat hy in die gietende reën by die stromende water op sy plaas in ’n dankgebed gaan neersak het.
Japie van Wyk van Vanzylsrus se seun Henrie was by en het hierdie spesiale oomblik op ’n foto verewig.
Japie, wat op die plaas Donkerbos boer wat aan die Botswana-grens geleë is, vertel hoe droog dit was.
Sedert Oktober verlede jaar het die boere in die omgewing diere begin verloor.
Die droogte...
PORT ELIZABETH. – Hul vurige gebede in ’n doringboom het die wonderwerk gestuur wat hom en sy gesin gisteroggend in ’n Karoo-kitsvloed net buite Willowmore help oorleef het.
Só het ’n oorstelpte Barry Hugo, van Kloof in Durban, gisteroggend telefonies gesê vanuit Willowmore, waar hy, sy vrou, Ester, en Rencia (22) en Jonathan (19) nog gewag het op ’n familielid wat hulle tot by George se lughawe sou neem.
Die Hugo’s se eie motor is in die amper-ramp afgeskryf.
Die drama het hom gister...