• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

lostsonJames MacDonald skryf: 'Miskien dink jy God kan jou nooit vergewe nie... miskien verstaan jy nie hoekom God sekere dinge toelaat nie... miskien wil jy jou eie lewensreëls maak. Ek weet miskien nie waarom jy vlug nie, maar ek weet dat jy moeg is daarvoor. Jy is egter só gewoond aan jou patroon van vlug dat jy die lewe nie anders kan voorstel nie.' Jesus se bekende gelykenis vertel van die verlore seun wat een dag in die varkhok tot inkeer gekom en besluit het om na sy vader se huis terug te gaan. Hy was egter bekommerd oor wat sy pa sou sê. Het jy ook al gewonder, 'As ek nou terugkeer, hoe sal God my ontvang?' Sommige mense dink dat God nie 'n flenter omgee of jy terugkom of nie. Dis egter nie hoe Jesus Sy Vader beskryf nie '...toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom... hom omhels en gesoen.' Hierdie verhaal is in die Bybel opgeteken sodat elke voortvlugtende kan weet wát om te verwag wanneer hulle besluit om huis toe te gaan.

Vlug jy vandag weg vir God? Stop, draai om, gaan terug huis toe. Hy wag om jóú met ope arms te verwelkom.

Hy sê, '...kom tot inkeer' (Openbaring 3:3 NLV). Kom terug na Hom toe; daar is geen sonde wat Hy nié sal vergewe nie. Sy belofte is: 'Die goddelose mens moet sy verkeerde dinge los, en die bose mens sy slegte gedagtes. Hy moet terugdraai na die Here en Hy sal hom genadig wees. Ja, draai na God, want Hy sal altyd vergewe!' (Jesaja 55:7 NLV).

Bron : Radiokansel