• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
freestatesunset2707

Noem dit wat jy wil, maar ’n sonsondergang in die Vrystaat is soms baie spesiaal. Spesiaal genoeg dat ek dit wou waag om in die bitterkoue en in ‘n motreëntjie stilhou te hou op die N1 duskant Winburg om ‘n foto te neem.

Hierdie helder rooi-pienk sakkende son het ek net buite Winburg begin dophou. Dit het my aandag behoorlik vasgevang terwyl ons oppad terug was na Bloemfontein. Daar was ‘n paar strepies wolke waaragter die son moes verbybeweeg en die een na die ander het die toneel bly...

Read more: Sonsondergang in die Vrystaat

fog2807

Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…)

In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek aangebring is om aanwysings te gee wanneer dit mistig sou wees. Mistigheid beteken dat jy geensins vêr vooruit kan sien nie. Jare gelede was ons een naweek in Golden Gate en ek en my jongste het die berg aangedurf. Ons het al langs die kruin...

Read more: Mistigheid

fishing2907

Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op standers te sit en die heeldag voor jou uit te staar, en tweedens, die aas wat gebruik word veroorsaak ook ‘n probleem, dit hou nie. Ek eet dit gewoonlik self op.

Hengel by die see is vir my opwindend. Daar is heeltyd aksie. Al is dit nie die visse...

Read more: Wanindruk

letgo3007

Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie.

Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons soms (en veral soms) moet stry om werklik vas te hou aan die beloftes en vrede van God. Ek weet jy kan hiermee identifiseer. In die een of ander vorm het elkeen maar hiermee te doen. Jy weet, in 'n “gemiddelde” twyfelling wonder ons soms of...

Read more: Laat los en laat God

Artikels deur Johann de Jager

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Trek uit jou plakkies

plakkies01
‘n Spoggerige motor versnel met mening en ek verlustig my in die pêrre wat onder die motorkap uithaal en wys waartoe hulle in staat is. Sovêr as wat ek loop is die grasperke kurkdroog. “So what has this got to do with this story?” “Plenty, Boet,…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

Baklei teen jouself

baklei2907
Een van my geveerde vriende het na ’n lang afwesigheid weer sy opwagting gemaak. Vir redes wat jy nou-nou sal verstaan, weet ek nie te veel van hom af nie. Ek sien hom net so in die verbygaan. Hy’s nogal vinnig. Ek weet wel dat hy aan die kleinerige…

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

Dis maklik om te praat

desperate1510
Dit slaan diep binne my hart. Die pleidooi is soos growwe skuurpapier; jy voel dit oor jou hart se kamers beweeg. Die pyn lê vlak en my moed sink eintlik vêr na benede. Hoe sê jy vir iemand, "alles is OK" as dit nie is nie? Hoe bemoedig jy vir…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Verkleurmannetjies

cameleon
Hippies het almal blommetjies en VW Beetles vir vervoer, bergklimmers het berge en toue, Vlieëniers het almal vliegtuie, Terroriste bomme en wapens (waarnatoe ek hiermee gaan weet ek nog nie). Tuindienste het almal tuine. 'n Motor verkoopsman,…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Laat los en laat God

letgo3007
Die "intro quote" in een oggend se dagstukkie publikasie lees dat as ons nie op God se krag binne ons staatmaak nie, sal ons nie kan staande bly teen die druk rondom ons nie. Die oggend tevore, so in my enigheid, het ek gedink aan die stryd wat ons…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…