• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
ConnectWithGod

Die Pa kom elke oggend die kamer van die kind binne. Al wat hy sê is "Word wakker, ek hoop jy het lekker geslaap, dis tyd vir skool toe gaan" So gaan dit jaar in en jaar uit. Elke dag dieselfde roetine. Ek vra vir myself : Watter verhouding het daar ontstaan tussen die Pa en sy Kind? Ek dink redelik diep aangesien dit dalk 'n trick question kan wees. Ek beskou alle moontlikhede van alle kante af, maar uiteindelik moet ek erken en tot die gevolgtrekking kom dat daar nie regtig ENIGE verhouding...

Read more: Jy moet net êrens begin

medical1507

"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my.

"Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n medies?" "Nee nie eintlik nie" antwoord ek. "My vrou het die afspraak gemaak en ons in kennis gestel dat ons hier moet wees" Die grappie gaan nie te goed af nie.

"Waarvoor wil u alles laat toets?" brom die sersant voort. "'n Jaarlikse ondersoek...

Read more: Net een ding

goldengate

Golden Gate - Oos Vrystaat
Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is (geskat) so ‘n vier uur staptog. Hierdie was vir Jonè (wat nog bitter klein was) net iets wat eenvoudig gedoen moes word. Wel die ander helfte van die familie het hierdie ding net een oorweging gegee en besluit dit is nie vir normale mense om te...

Read more: Bergpiek

ark1707

Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger vrou, met die aanhoor dat haar skoonpa en man gesterf het, begin kraam en bring n seun in die wêreld wat sy “Ikabod” doop. Ikabod beteken “Die eer is weggevat uit Israel”

Alles het gedraai om die ark. Jy het nie gemors met die ark nie. God se...

Read more: Die eer van God is weggevat

Artikels deur Johann de Jager

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

"Unidentified hopefully consumable objects"

Food
“Wat moet ons hiermee maak?” “Wat is dit?” “Nie ‘n idee nie. Hoort dit hier? Is dit eetbaar?” “Ek kan nie sê nie. Kry een van die ouer garde om hierna te kom kyk” “En terwyl jy daarmee besig is, kyk in die argiewe of jy iets daaromtrent kan opspoor”…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Xtreme

xtreme
"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

“That’s it" nou gaan jy dokter toe

Doktor
Met elke hoesie word ek deur Zelda vermaan. Dis al reeds drie weke gelede dat ek by die dokter was. My antobiotika en 'stropies is lankal op. Ek het al selfs al die half leë hoesstroop botteltjies in al die badkamerkaste deurgewerk. Zelda sê sy…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

050505

Soos my natuur maar is en soos julle seker reeds lankal al agtergekom het, is ek nie een wat noodwendig tevrede is met bladuitleg nie. Dis asof ek elke keer iets beter sien en dit vir my beter lyk as die bestaande. Om veilig te speel, probeer ek…

Oom Louis

tweaser171209
Oom Louis, my Pa se jongste broer is sy hele lewe lank ‘n karakter. Stories oor wat hy alles gedoen het en die moeilikheid waarin hy gekom het is legendaries. Maar as ek aan hom dink kan ek nie help om die prentjie te sien waar ons een naweek vir…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Jou rekenaar is stadig

slow-pc
Kyk!, as die een of ander slim advertensie nou weer vir my wil sê my rekenaar is stadig... Hulle lê en wag vir my om elke draai. Ek kan nêrens heen "surf" op die internet sonder om heeltyd herhinner te word: "Your PC is slow..." Behoede jou as jy…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…