• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Untitled Document

image“Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het?  Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het in die dagstukkie wat ek oorgesien het in die voorbereiding. Terwyl ek probeer om my paniek te kamoefleer en reageer met woorde wat nie lekker kan raakvat wat ek vrees om te vra nie, kug ek ’n paar maal so in die verbygaan en vra doodluiters waarna sy verwys.

“Hou aan met aanhou”.  Die artikel handel oor Thomas Starzl, wat lewer orgaanoorplantings pioneer het, en verskeie kere misluk het voor hy uiteindelik sukses behaal het.

Minute vroeër het ek redelik moedeloos geraak omrede die maand skaars begin het en die maand se begroting was so te sê reeds “volgeboek” met ‘n paar verrassings daarby. Daardie tipe verrassings wat mens nie wil hê nie.

Zelka se vraag veroorsaak dat ek soos ‘n valskerm springer op 20 m bo die grond uit die vliegtuig spring en daar nie genoeg tyd is om die valskerm oop te maak nie. Dwah!!...

Ek het toegelaat dat my omstandighede vir my voorskryf wat my situasie is; Ek het nie aan my omstandighede vertel hoe groot my God is nie…

Dit was ‘n lekker gevoel om die sak oor te gee sodat ek kan fokus op belangriker dinge, soos, om te lewe in Sy goedheid.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Ek kom Sondag gou vir ‘n stort.

Storte201009
Ons was buite op de Brug (weermagopleidingsterrein net buite Bloemfontein) besig met basiese opleiding gedurende 1982. Iemand kry ‘n goeie idee dat ons moet gaan stort. Die storte was seker sowat 5 km van ons kampterrein. Almal word in hulle…

300 jaar in die kol

Atom Clock
Ek lees onder ons Interesting facts van ‘n cesium atoom wat oor die nege biljoen slae per sekonde slaan in ‘n atoom horlosie. Ek is eerstens bly en hoef nie daai horlosie te olie nie, wat nog meer op te wen. Uitmekaar haal is buite die kwessie. Dink…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

25 Februarie 2008

Ek hoop jy het lekker gerus die naweek! Ons is so gebless met jou wat kom inloer en sal ons nog eendag vir jou ‘n getuienis gee van Bertus (www.hiswordministry.com) se profesie en hoe dit so te sê oombliklik daarna begin gebeur het rakende ons…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Ek het 'n 'Job' dankie

Apteker
‘n Ongeletterde jong knaap van so 23 jaar oud, wat geen skoolopleiding gehad het nie, stap eendag die apteek binne. Hy gaan reguit na die apteker en vra vir hom of hy asseblief net gou sy telefoon vir ‘n plaaslike oproep kan gebruik. Die apteker…

Afleibaarheids sindroom

power_of_god
Het jy al ooit iets in ‘n geselskap kwyt geraak, dalk heel spottenderwys waar die een party dan sal reageer deur te sê; "Yeah right, sit dit op skrif.."? So ‘n oomblik het nou sopas vir my aangebreek. Niemand het dit vir my gevra nie, maar wat ek…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Die kat op die bed

catonbed2210
Daar is 'n een definitiewe reël waarvan ek nie afwyk op 'n bed nie. Dit is eenvoudig en nie moeilik om na te kom nie. Dit ontlok ongelukkig sonder uitsondering, sou so 'n situasie ontstaan, altyd simpatie (en daardie simpatie kom nie van my af nie).…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Sweef soos ‘n arend

soaring_eagle
“Sweef soos ‘n arend, want Sy liefde dra jou. so hoog, hoog bo die son.” lui die woorde van ‘n liedjie. Inderdaad kan ons so baie leer by die arend. ‘n Arend wag op die regte windstrome voordat hy sy nes sal verlaat. Wanneer hy wel vlieg maak hy…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Biltong en blomme

Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…