• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
driving0505Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom ek nog nie slaap nie. Die ding-dong klank in my ore (en op my nugter maag) laat my vir 'n oomblik voel ek het die hemelse pad gemis en is oppad hel toe.

Eers is ek koud, toe kry ek warm gloede, toe klop my hart in my keel, toe klop my hart nie meer nie. Maar ek oorleef en vertel hom presies wat hy nie moes doen nie. Dis toe dat hy my vertel wat een aand met hom gebeur het.

Hy sê hy en 'n kollega het jare gelede aan 'n projek gewerk in Johannesburg en het elke naweek Bloemfontein toe gery. Die betrokke naweek kom hulle baie laat uit Johannesburg weg, en die voet is swaar op die petrol pedaal. Hy ry voor en sy maat agter (Goed, dis seker obvious nê?) Duskant Kroonstad is hy lankal al ingedagte en alhoewel alles rondom jou gebeur en jy waarneem, word alles eintlik outomaties gedoen. Nou ja so sit hy in outo-mode, luister na musiek toe iemand vir hom sê: "Hallo Conrad, ek is honger.."

Hy sê keer amper die motor om so skrik hy. Sovêr sy kennis strek ry niemand saam met hom nie. Hy wonder of iemand dalk in sy voertuig wegkruip?. Versigtig, met 'n bonsende hart en 'n keel wat kurkdroog is loer hy so oor sy skouer of hy iemand dalk agter in die voertuig sien sit. Toe hy omkyk, skrik hy hom eers in 'n mik want iemand sit inderdaad agter in die voertuig - maar sy kop is missing!

Nou flits die volgende deur sy brein;

Die persoon ken sy naam!

Hy's honger, wil hy my eet?

Toe praat dieselfde stem verder en vra of hulle nie dalk maar kan stop in Kroonstad om iets te ete te kry nie. Die stem begin bekend klink en stadig sak die werklikheid in. Dis Bertus in die agterste voertuig wat hom gebel het, sy selfoon se oorfone was op en gestel om outomaties oproepe te antwoord. Hy het net nie gehoor die foon lui eenkeer voor dit geantwoord het nie, die musiek was te hard.

Maar wat van die persoon agter in die voertuig? Dit was al die tyd sy pak klere wat hy opgehang het...

Op daardie oomblik was die onwerklikheid 'n werklikheid vir Conrad waar hy vir 'n oomblik verstrik geraak het in wat hy waargeneem het. Dit was egter nie die realiteit nie. Dit gebeur in ons geestelike lewens ook dat ons gepootjie word deur die satan. Dat ons vir 'n oomblik nie kan onderskei wat realiteit is nie. Dis hoekom dit belangrik is dat ons elke gedagte gevange moet neem en onderwerp aan die realiteit van die Skrif. Elke gedagte moet beoordeel of dit in lyn is met God se Woord. Dis amper soos om in digte mis 'n bekende pad te ry. Jy is nie bang nie, want jy ken die pad.

Onthou dan, al lyk dit donker rondom jou, weet net dat Vader wat jou dra, weet waarheen Hy loop.

So, sal ons stop vir ietsie om te eet?

Johann

Artikels deur Johann de Jager

“Oorlog”

Oorlog
“Yes Pa, what’s the verdict?” Ek is nog nie eers behoorlik wakker toe ek gekonfronteer word met hierdie vraag nie. “Ja OK. Ek gaan saam”. Glimlagte verskyn oral op almal se gesigte by die aanhoor van hierdie bevestiging. Die laaste keer wat ek saam…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…

Dink voor jy praat

zelda 714b0
Daar skort iets met katte se sin van rigting. Kenners besing katte se ore, oë en lyf. Hulle kan ‘n muis hoor nog voor hulle dit kan sien. Hulle kan snags ‘n repie maanlig aanwend en so goed sien soos die mens bedags. Hulle kan hulself met gemak…

Ontspan

relax2608
Een aand is ek besig om die volgende dag se dagstukkie voor te berei. Daarmee saam gaan gewoonlik 'n spesifieke ritme. Eerstens al die inligting van bo na onder aan die linkerkantste kolom, dan die ander kant. Die meeste inligting aan die linkerkant…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Net een ding

medical1507
"Gaan jy met hom praat of ek?" Ek sit 'n hanetree van die dokter en die suster af. Hulle staan met hulle rûe na my en hulle skinder van my. "Rede vir u besoek, Mnr de Jager?" Ek en my jongste, Jonè, staan en kyk vir mekaar. "U's gestuur vir 'n…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Mr Fischer

peter-fischer
Mister Ficher, Mister Peter Fischer was 'n regte Engelse heer, met 'n swaar Skotse aksent het enige nuwe boertjie in Kimberley gesukkel om hom altyd te verstaan. Maar hy was 'n regte ou gentleman. Tee gedrink stiptelik om vier uur, 'n very prim en…

As jy my liefhet…

love0109
Anders as waar die betekenis van hierdie opskrif ‘n voorwaarde vervat dat jy iets sal doen om jou liefde te bewys, het ek oor die jare geleer watter verantwoordelik ek teenoor Zelda het wat my liefde vir haar betref. So raak mens maklik gewoond aan…

Die nuwe kerk

building01
Op ‘n pad wat ons gereeld ry is daar ‘n kerk wat tans besig is om vir hulle gebou op te rig. By tye lyk dit of die bouwerk lank stilstaan, ander kere sien mens sommer in ‘n week hoe hulle gevorder het. Ek vermoed die gemeente is dalk besig om dit…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

God bly in beheer

gulfwar
Die Golf Oorlog wat destyds erg (amper skryf ek “mooi”) aan die gang. As ek reg kan onthou was dit in die laat tagtigs. Ek kan die dag goed onthou en spesifiek waar ek ook geloop het die oomblik toe die gedagte waaroor ek wil gesels by my opgekom…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Mistigheid

fog2807
Een oggend was Bloemfontein gehul in ‘n miskombers. Vir Bloemfonteiners is dit nie ‘n gereelde ding nie en dit hou so half en half iets misterieus in. (Dalk is dit net ek…) In Pietermaritsburg se omgewing het ek waargeneem dat padtekens spesifiek…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Is Jesus enough?

We need the anointing of God in our lives if we are to be effective salty Christians in a dying world. So many believers operate like history teachers. We know the Word of God, we memorize Scriptures, we know the stories in the Bible, but there is…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…