• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424
Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto…
Met ‘n halfuur te spaar het ek nog net sowat 5 km oorgehad voor die eindstreep. Wat my ongelukkig ingehaal het was krampe. Dis verpeslike goed sê ek jou, krampe speel nie met jou nie. Nie die genuine tipe nie. As daar vlakke van krampe was en die minste seer was dalk ‘n Kramp Minimolitis en die ergste graad was ‘n Kramp Verskrikolites, danword my krampe in die laaste gedeelte goed beskryf. Die simpel ding van die goed is dat mens mos nie beheer het oor wat jou liggaam volgende gaan doen nie. Lekker draf jy nog die een oomblik net om die volgende oomblik jouself te pletter te val weens ‘n kramp wat jou van nêrens af bevlieg en dan om jou been onsubtiel agter jou rug op te buig sodat jou hakskeen net–net jou regter oor mis.
“Bravo!” skreeu die mense, hulle dink jy doen ‘n split in die middel van die teerpad… ‘n Ander omie staan op om vir jou histeries hande te klap - hy dink iemand wat homself neervel soos ‘n fladderende gesplete swaan vanaf ‘n hoogte van 1.5 m moet guts hê.
Daar is selfs; “…jy’s ‘n aansporing vir ons ou manne…” opmerking wat jy iewers tussen die skare by jou ore aangerol kom. Dan die ergste; Hoekom laat krampe jou soms lag. “Ha ha ha haaaaaaa (gou asem skep voor jy afsluit met ‘n) hieeehaaaa….” Dit klink eerder soos ‘n Crocuta crocuta (gevlekte Hiëna) of ‘n lui donkie laat middag op ‘n stofpad.
En dan, asof jy nie alreeds die bespotting is van die BBC, CNN, ANC en wie weet wat jou aangaap nie, word jy vanuit ‘n pasient-leeg tentjie sowat 30m vêrder aangemoedig om jou liggaam tot daar te loop-sleep. Op hierdie stadium het Kramp Verskrikolitis jou voet al verby jou oor forseer en kyk jy reeds agter teen jou hakskeen vas. Jy loop jy eerder soos ‘n rollende wawiel wat ‘n paar speke kort…
Wat ek eintlik wou sê is die rede hoekom ek begin draf het. Zelda het in daardie tyd elke middag ‘n paar kilometers gaan stap. Toemaak ek mos een middag die fout en bied aan te bied om saam te stap. Dit was ‘n groot fout. Zelda se stappie was toe nie ‘n stappie nie, dit was duskant ‘n sprint-stap. Met elke tree wat ek gee, gee sy maklik drie. So moes ek toe maar stap en wanneer sy omtrent 50m voor my was, het ek begin draf om op te vang. Dan rammel ek ‘n paar woorde af voor sy as’t ware weer op die horison verdwyn.
Die gerammelde woorde was meestal iets van;
“Dis nie meer snaaks nie, die mense lag vir my!…”,
“Dis absurde malligheid hierdie Zelda, stop nou”,
“Is jy dalk kwaad vir my?...”
“Asseblief my hartlam, my engeltjie, ek kan nie meer nie!”
Hoe meer ek wou sê, hoe vinniger moes ek praat. Dan draf ek maar weer om haar in te haal.
Later het ek begin slim raak, ek het ‘n eintjie verby haar gehardloop en meer woorde ingekry. Die entjie het later ‘n 50m geword, toe 100m, toe 200m, en toe begin ek draf…
Om God se stem te hoor, om Jesus se wil vir jou lewe uit te vind, om jou lewe toe te wy aan Hom sal dit nie help as jy soos ek gedraf-loop het nie. Dit gaan nie oor hoeveel keer jy jou Bybel lees of bid nie, of kerk toe gaan nie. Dit gaan of jy bereid is om die pad saam met Jesus te loop, nie 50m agter Hom nie, nie daardie paar woorde terwyl jy verby Hom hardloop met jou eie agendas en idees nie. Nie 100m voor Hom waar jy Hom nie kan hoor nie. Maar langs Hom sodat jy Sy elke tree kan navolg, elke woord uit Sy mond kan hoor, Sy handeling kan ervaar in situasies en by Hom kan leer. En dan wanneer jy moeg en afgemat word van die lewe en omstandighede, Hy jou kan opraap in Sy beskermende liefde en jou deur elke situasie kan dra sodat jy dag vir dag geestelik meer volwasse en bruikbaar kan word in ‘n wêreld wat nodig het om van Jesus en Sy liefde te hoor.
Praat die Here dalk met jou?
Blessings, Johann

Artikels deur Johann de Jager

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Wanindruk

fishing2907
Jare gelede, het ons een keer gaan uitspan by die kus. Vir ‘n binnelander was varswater visvang nog nooit regtig iets wat my belangstelling kon behou nie. Ek dink dit het te make met twee goed. Eerstens is dit vir my sinneloos om visstokke op…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Maak die "swop"

Boned_boots
Jare gelede was ek deur my regiment aangewys om saam met 'n klompie ouens ons regiment te verteenwoordig by die 75 bestaansherdenking van die Weermag in die Kaap. Die aand voor die tyd sit ons Samajoor in ons tent en hy is besig om sy skoene te…

Moet dit nie te vêr druk nie

kaart1308
"Poedingbakkies" was sy naam. Ek en hy was sedert st 5 saam in die klas, in dieselfde koshuis en nogal goeie pêlle. Dis Villiersdorp se wêreld hierdie. In teenstelling met Nollie se geweste het ons krieket pitch darem taai gebly en nie uitermatig…

My eerste salaris

testimony0505
Tydens ‘n diens gee die prediker die geleentheid vir mense om ‘n getuienis te lewer. ‘n Baie welgestelde man staan op en sê; "Ek is ‘n multimiljoenêr en dit is alles te dankie aan die ryklike seëninge van die Here." sê hy. "Ek kan nog die draaipunt…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Identiteitskrisis ?

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra. Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Live up to your challenges

Shaheen-Jafargholi
I was following Britain's Got Talent on the internet after seeing Susan Boyle's performance on YouTube. You would probably know her name by now as she made headlines all over the world and also registered 175 million hits on YouTube. Although her…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Blatante eerlikheid

blatant2708
Jy sien sy motiewe sommer met die eerste oogopslag. Daardie kyk in sy oë draai geen doekies om nie. Jy kan maar voorgee dat hy nie bestaan nie en selfs geen verdere oogkontak maak nie, maar daar is geen manier dat jy nie gekonfronteer gaan word nie.…

In my wildste drome

curtain1709
Sy het so 3 huise van ons af gewoon en ek was in Std 3 (Jip dit was nog in daardie era...) en ek was tog so soooo verlief op die meisietjie. My oë het gedurig die horison bespied, op soek na die geringste tekentjie dat sy iewers tog net te voorskyn…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…