• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in…

Met een sentrale tema; “Is alles oraait?”

Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se belangstelling en betrokkenheid. Ek vermoed ons het langs die pad ‘n bietjie vasgebrand en al was ons net vir ‘n paar dae weg, kom ons met nuwe moed terug en dit voel vir my asof my gees weer asem geskep het.

Is dit darem maar nie snaaks hoe vinnig ‘n mens in ‘n roetiene kan vasval nie? Ek het iewers gehoor as jy vir 21 dae iets herhalends doen dan word dit roetine. Ek vermoed in my geval is die 2 dae, wel ten minste wat my werkwyse betref.

G’n wonder Paulus maak ons juis daarop attend dat ons alles moet onderwerp in gehoorsaamheid aan God. Dit was dalk gedagtes waarna hy verwys het, maar aan die ander kant moet daar seker ‘n gedagte vorm om ‘n aksie te loots?

Nou ja ek het Dinsdag teruggery met ‘n volgelaaide 1980 Datsun Bakkie met Zelda wat agterna gepickel het en alhoewel dit ‘n 10 uur op-die-pad sessie was, het my gedagtes vêr gehardloop. Kom ek deel een met jou.

Tussen een van die ruitveërs (hoekom klink wiper meer reg?) se armpies was ‘n heuningbytjie vasgeklam (vir sensitiewe lesers…die bytjie was nie meer met ons nie..) Wat my aandag getrek het was die tempo waarmee sy vlerkies beweeg het. Nou sit en wonder ek as mens die bytjie bv. met ‘n toutjie kon vasmaak agteraan die bakkie, sou hy steeds kon vlieg? Logika sê “nee”, maar die kind in my kan hierdie bytjie in turbo-mode sien vlieg. Goed, toe begin die kind in my verder dink oor wat hierdie bytjie op die ruitveër alles kan doen. Aan die een kant vlieg hy nou so sterk dat hy eintlik die ruitveër kan optel. Die volgende trap is dat hy soveel boost in hom het dat hy die ruitveër afpluk en met hom wegvlieg. Toe kom die laaste trap; hy vlieg so kwaai dat hy die bakkie optel dat die voorwiele so hop hop op die pad as hy sy vlerkies beweeg…

En toe? Toe sien ek die bytjie het losgekom en hy is nie meer in die ruitveër nie...

Ek het darem ook gedink aan geestelike dwelms en penwortels. Hierdie is ‘n onderwerp vir ‘n ander dag en ek sal laat Vader my lei rondom hierdie.

Blessings vir jou!


Johann

Artikels deur Johann de Jager

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Staan vas!

promised2307
‘n Paar jaar gelede het die taak of die pad wat die Here vir ons gegee het vir my begin lyk na 'n onoorkombare berg. Dit was nie 'n geval van moedeloosheid nie, en dit het ook niks met ons bediening te make nie, wel nie wat die pfJ's betref nie,…

Sal jy Jesus se Koningkryk beskerm?

JesusCaring
"As ek aan 'n Christen dink, dan hoor ek die ewige verwyte: As jy nie vir Jesus aanneem nie, gaan jy hel toe" Twee meisies het vriende geword in die gym. Die een is 'n Christen, die ander 'n Hindoe. Die Hindoe meise is aan die woord; "Ek glo aan God…

Die eer van God is weggevat

ark1707
Die ark van God is deur die Filistyne afgevat. Paniek breek uit in Israel se geledere. Dertig duisend voetsoldate is gedood en verdryf. Eli kry hierdie tyding en van skok val hy agteroor en sterf. Sy seun Pinihas sterf in dieselfde tyd en sy swanger…

Some people just don't get it

police0206
Recently I read this story; Two men were taking a coffee break, when an acquaintance rushed in, upset and out of breath. "You won't believe this," he said. "I was almost killed on the way to work this morning." He gasped for breath as he continued:…

Draf-loop

Vir my 40 ste verjaarsdag het ek onderneem om die Two Oceans se half marathon te hardloop. Vandag het ek die sertifikaat wat wel wys dat ek daar was, maar dit toon (ongelukkig) nie aan dat ek in die gegewe tyd klaar kon maak nie. Ek het wel ’n foto……

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Hy verstaan

walking2207
Ten spyte van die wonderlike voorreg om dag vir dag in die teenwoordigheid van Jesus te kon wees, vou die dissipels se geloof toe Jesus aangestap kom na die bootjie te midde van ‘n storm. Is hulle swakkelinge, het hulle nie ruggraat gehad nie? Daar…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Haal meer uit die lewe op aarde

brief0309
Gedurende ‘n grenskamp in 1989 word almal deur die dominee aangemoedig om huis toe te skryf want die mense by die huis kla hulle nie weet wat aangaan en of hulle mense darem nog “oraait” is nie. Huistoe skryf was vir my altyd lekker en ek het altyd…

Los uit!

PC
Een van ons besigheid se grootste omwentelinge het een aand ons pad gekruis toe ek in 'n gastehuis in Johannesburg op my skootrekenaar sit en werk het en ek praat met 'n boeta en hy vertel my hoe lekker hy nou vanaf sy huis op sy rekenaar by sy werk…

Nasionale Diensplig

NDP1108
Watter verpestelike gedagte was hierdie darem nie vir seker maar die meeste van ons nie. Hier van Grd 8 af het jy geweet daar kom 'n dag waaroor jy nie veel seggenskap het nie. Jy het altyd stories gehoor by die jonger seuns wat broers gehad het en…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Griepinspuitings

injection
“Wie moet die inspuiting kry?” vra die Apteker. Ek glimlag en wys eers na my en toe na die res van my gesin wat op parade reg agter my staan. Hy lag en roep twee van sy assistente om te kom help. Ek kom agter die loot vir die beste inspuiter het…

"Who am I?"

number0809
Ek het geen idee nie. Hoekom die man nie eerder in sy ID boekie kyk nie, of dalk eerder vir sy vrou vra "who he is" nie, sal ek nie weet nie. Een ding is verseker, ek sal nie my motor se nommerplaat (soos syne) laat druk met dié woorde op nie. Wel,…

Vrygemaak om te lewe

170108
Die tekenprentjie hiernaas het my nogal aan die dink gesit. Ek was so ietwat onseker of ek dit moet plaas, want soos met skilpad, wat in die animasie prent, “The Hedge”, altyd sê hy kry so ‘n snaakse gevoel in sy stertjie as iets nie reg voel nie…

Lewe in Sy goedheid

image
Untitled Document “Het Pa gelees wat jy in vandag se stukkie gesit het? Zelka sit met haar rug na my in ons kantoor. Haar opmerking se trant kan ek nie lekker vasvat nie. My eerste reaksie bevat ‘n tikseltjie paniek; paniek dat ek iets ingesluit het…

Jou oes is gewaarborg

cormfield01
Twee dae van een week was ek in Bothaville. Dit was nogal baie uitputtend omrede ek binne hierdie bestek al my werk moes voltooi. Vroegoggend was ek al oppad om eers sowat 6 nm weer terug te wees in Bloemfontein. Waarvoor ek genoeg tyd gehad het was…