• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

xtreme"Xtreme makeover", "Xtreme sport" As ek nog een nuwe Xtreme something" op TV moet sien sal ek waarskynlik een donker nag hier in die vallei af skreeu. (Natuurlik sal ek dit nie in die dag doen nie - mens het mos jou trots...) Ek kan soms hierdie realiteits-TV programme nie aldag verstaan nie.

Eers het hulle begin met Xtreme makeover, toe is dit klere, tuine, motors en so vêr ek weet trek ons nou al by huise. Daar is seker nie regtig so iets vreesliks verkeerd daarmee nie, dis net, ag, nou ja, ek raak seker maar oud.

Daar is wel een Xtreme waarvan ek hou. Om Xtremely opgewonde oor Jesus te wees, Xtremely Sy genade te ervaar, Xtremely elke dag aan te pak met Jesus altyd in sig.

Onlangs sukkel ek een aand om te slaap. Ek sit en wag dat die slaap my oorval voor die TV. Sodra ek 'n paar vissies voor die TV gevang het is ek reg om my bed te bestyg. Skaars my lê gekry, toe weet ek sommer die slaap is al weer weg. Ek herhaal my roetine en my tweede probeerslag werk beter. Wat gebeur het weet ek nie mooi nie, maar ek moes waarskynlik seker begin snork het want die volgende oomblik toe Zelda my wou aanmoedig om nie te snork nie, "poke" sy my in die ribbes en raai wat?, ek skrik so groot dat ek is weer wawyd wakker is. My roetine word maar weer herhaal.

Met hierdie sessie kry ek bemoediging voor die TV uit 'n Christelike Xtreme sportuitsending. Ek word bemoedig met die volgende gedeelte uit Fil 4:13 "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee"

Ek staan op en gaan slaap met die wete dat Jesus in beheer is en Hy sal my suksesvol maak. Hy is die God van die bonatuurlike, ek hoef Hom net in beheer van my lewe te plaas en Hy sal sorg vir die res.

Neem hierdie werklikheid ook saam met jou elke dag.

Johann

Artikels deur Johann de Jager

“Dis nou genoeg!”

armed1408
Hulle teenwoordigheid in ‘n winkelkompleks is genoeg om enige persoon ongemaklik te laat voel. Onwillekeurig voel jy soms ongemaklik met hulle rondom jou. Jy voel ongelooflik kwesbaar & weerloos. Jy het definitief al by hulle verbygeloop in die…

The best motivation

Something that really made me think today comes from one our our latest inspirational stories; I am learning that the best motivation, whether we want to accomplish a task, go back to school, start something new or kick a habit, usually comes from…

Kleibolletjie

slip f4e29
‘n Goeie bui reën in ons buurt veroorsaak dat die onderdak parkeerarea vir ‘n paar dae sowat 3 cm diep onder water is. Dis net die een helfte wat die probleem het. Ongelukkig die gedeelte waar my motor geparkeer word. Dit los jou met ongeveer een…

Hierso smeer die salf aan

salf
Ek merk die pyn op haar gesig en die mank stap, soos sy tussen die tafels rondbeweeg om kliënte te bedien. Ek hoor hoe iemand vir haar vra wat makeer. Sy het haar voet geswik. Moet erg wees as ek kyk hoe sy loop. “Jong jy moet vir jou iets aansmeer…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Oor ‘n Koppie Koffie (08/10/2008)

En toe raak ons net weg… En die e-posse kom in… Met een sentrale tema; “Is alles oraait?” Alles is (nou weer) oraait en jammer dat ons nie net ten minste ‘n epos uitgekry het om jou net in te lig nie. Ek en Zelda waardeer regtig elke persoon se…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Bergpiek

goldengate
Golden Gate - Oos Vrystaat Jare gelede het ons een naweek Golden Gate in die Oos Vrystaat besoek. Daar is die lekkerste voetpaadjies wat ‘n mens kan volg. Een van hulle en as jy tyd het (dalk moed ook inbring) is om oor die berg te loop. Dit is…

Dinosaurusse

dinosaurs2702
Onlangs is ek in ‘n boekwinkel. Tussen die soekery na my afdeling, is daar ‘n Boetie en sy Sussie, ek skat die seuntjie so op 5 en sy sussie seker so jaar of wat jonger. Hulle sit plat op die mat met ‘n boek tussen hulle. Ek loop verby, maar die…

Realiteit

driving0505
Die musiek in my oorfone is lankal reeds stil, al wat oorbly is my ore wat lekker warm gehou word deur hulle. Alles rondom my is stil, die nag trap reeds diep spore en ek sit ingedagte voor die rekenaarskerm toe Conrad besluit om uit te vind hoekom…

Weg van minste weerstand

notmyjob
Soms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite…

Live up to your challenges

Shaheen-Jafargholi
I was following Britain's Got Talent on the internet after seeing Susan Boyle's performance on YouTube. You would probably know her name by now as she made headlines all over the world and also registered 175 million hits on YouTube. Although her…

Nie onderhandelbaar

fence1808
As daar nou een ding waaroor ek nie argumenteer, meriete oorweeg, motiveer, bepeins of wat ook al nie, dan is dit elektrisiteit. Nie die wat die TV, ketel, rekenaar ens aandryf nie, maar 'n oop draad. Die soort waar jy 'n elektriese prop moet aansit…

Haelstorm

haelstorm1908
Ons plaaslike radiostasie maak die aankondiging. “Pasop mense, hael is oppad”. Soos meerkatte wat hulle gate soek wanneer ‘n roofvoël op hulle afpyl, is almal op ‘n missie uit om uit die groot gevaar te bly en om skuiling te soek. Almal reageer op…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

My Hart

heart2007
Getrou verskyn my Outlook "reminder" presies om 8H00 elke oggend op my rekenaarskerm. My gebedslys verskyn en name daarin is netjies gerangskik ondermekaar. My oê hardloop daaroor en elke oggend is daar ander name wat op my hart gelê word om voor in…

Vlieg jy of skrop jy

tired2501
Onlangs by die gym loop ek iemand raak. So met die nuwejaar se “voorspoedwensery” sê sy sy wil hierdie jaar hoog vlieg soos ‘n arend. Sy is nou moeg om op die grond rond te skrop soos ‘n hoender. ‘n Ander boodskap wat vir my ook pragtig was, was: “…

Dis soet, bevrydend en waar

cornekrige
"Vandag weet ek wat ek moes gedoen het. Ek moes aanhou stap het. ... Maar wysheid agterna maak van ons almal kenners. Cornè Krige Rapport 30/10/2005. Hierdie opmerking het Cornè Krige gelewer na Kamp Staaldraad. Hulle was verplig om in die koue…

Identiteitskrisis ?

manicure1210
Ek wonder hoeveel mense en miskien moet ek hier dalk net die mans inbring, het al op 'n stadium in sy lewe gewonder, waar pas hy in. ‘n Jaar of wat gelede het ek een aand myself die vraag afvra. Onbewustelik het Jonè (my jongste dogter) daardie aand…