• 2014-03-17-12-03-05103719515
  • 2014-03-17-12-03-43195046250
  • 2014-03-17-12-03-071878311798
  • 2014-03-25-03-03-02462461642
2014-03-17-12-03-051037195151 2014-03-17-12-03-431950462502 2014-03-17-12-03-0718783117983 2014-03-25-03-03-024624616424

notmyjobSoms kies ons die weg van minste weerstand vir probleme op ons lewenspad. Dit lyk of dit te moeilik is probleme om uit die weg te ruim en dan, wanneer ons terugkyk na die resultate van ons besluite is dit soms skrikwekkend om te sien watter besluite ons geneem het.

Dink net, as jy so na die foto kyk, hoe hierdie pad sou lyk oor 'n 100 km as dieselfde standaarde gehandhaaf word.

Kyk vandag rondom jou daar waar jy werk, daar waar jy in 'n winkelsentrum is, selfs ook in die kerk ja. Kan jy die gebroke harte sien op die spoor wat ander gelaat het? Die weg van minste weerstand wat vir jou pas, maar ander kan benadeel?

Handhaaf vandag 'n gesindheid van: " I draw perfect lines by firstly preparing the way before I start painting"

Johann


Artikels deur Johann de Jager

Kies die regte profiel

Base Jumping
Een aand op TV Nuus wys hulle ‘n brug in Amerika, amptelik die langste boogbrug in daardie land. Op hierdie brug het duisende mense saamgetrek om na 'n groepie mense te bekyk wat die sogenaamde "base jumping" doen. Nou die wat nie weet wat die "base…

Kennis of boesemvriend

masai0108
Onlangs op TV was daar ‘n dokumentêre program oor die Masai en veral oor hulle krygsmanne. Met hulle kenmerkende rooi kledingstukke is hulle dalk die Westerse ekwivalent van ‘n Pierre Cardin. As jy dalk nog wonder wie die ouens is, sal jy seker nou…

Nors mannetjies

black-ants0308
Twee of drie keer per week bespeur ek die nors mannetjies op my tafel. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle houding stink, hulle mors my tyd en irriteer my grensloos. Hoekom hulle my tafel kies, weet ek nie, hoekom hulle nie dalk in groepe kom nie, weet…

Die groter prentjie

googleEarth1008
As jy al vantevore op die internet gekyk het na Google Earth of selfs Google se Street View funksie, dan sou jy seker soos ek ook verbaas gestaan het oor wat die sagteware jou alles bied. Eweskielik is die hele wêreld binne bereik vanuit jou…

Stukkende grassnyer

4591698183
Ongelukkig vir Pieter sit hy een Saterdag met ‘n probleem toe sy grassnywer oppak. Normaalweg sou dit nie ‘n probleem gewees het nie, maar vandag van alle dae is dit ‘n krisis. Sy vrou het ‘n tee partytjie in die tuin gereël en die dorp se A-klas…

Hoe reageer jy?

clay2906
‘n Paar jaar gelede kry ek vroegoggend, nog voor werk, ‘n oproep van iemand wat seker 10 jaar tevore vir my en Zelda sleg tenagekom het. Wat hy destyds gedoen het, is nie regtig belangrik nie. Hierdie persoon, het ons reeds lankal daarvoor vergewe,…

Maak hulle dors.

doors2008
Watter onseker tyd moes dit nie vir die vroeë kerk in Korinte gewees het nie. Nie net moes hulle 'n nuwe geestelike perspektief kry nie, maar hulle moes ook wegbreek uit die kultuur en die algemene leefwyse van daardie tyd. G'n wonder dat hulle 'n…

Verstand vs Hart

snork1609
Na die derde keer wat ek myself wakker snork op die vliegtuig wonder ek of die "sardientjies" langs my maak of hulle my nie hoor nie en of hulle "genuine" nie hoor nie. Een Groot Makoeloe regs van my is besig om voor te berei vir wat ek skat 'n…

Verlore vakansiedag

vacation
Daar is twee dinge wat my spoed en gemoed ‘n ernstige knou kan gee. Wat my spoed gee is wanneer ek ‘n dag voor die tyd uitvind die volgende dag is ‘n vakansie dag. Wat my spoed breek is wanneer ek spoed gevang het oor ‘n komende vakansie dag om net…

Slaggate

potholes021010_copy
Jy ken die liedjie; "Hoe ry die boere? (sit-sit so, sit-sit so...)" Ek het my teorie dat hierdie liedjie dalk geskryf was in die tyd dat Voortrekkers met hul waens oor berge en dale rond karjakker het. Ek vermoed voorts dat die "sit-sit so" ontstaan…

Koringkorrel

Joh 12: 24-26 : "...As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die…

Skeermes

boy_shaving
Ek was 'n klein tjokkertjie, en ons het destyds nog in Windhoek gebly. My pa moes Kaap toe vir 'n onbepaalde tyd. Ek was ook nog die enigste kind in die huis (vanweë my "laatlamskap"). "Janneman, jy is nou die man in die huis" het my pa gesê.…

Dis mos nou vir jou mielies!

maize2508
So bevind ek my mos toe een dag in 'n gemors. Sleeping Beauty beplan nie sy motor se diens nie en bevind hom tussen Graaf Reinette en Middelburg met opgeblaasde kieste en 'n fronsende dogter wat bestuur. My motorplan is heel streng. As daai liggie…

Hierdie is nou verbeter

washingpowder
Was dit dalk nou een produk wat my lagspiere geprikkel het dan sou ek dalk my mond gehou het, maar ek sit en neem onlangs voorraad van hierdie fenominon genaamd; “Dis beter as tevore”Elke maand of wat ‘pop’ ‘n verbeterde, vernude waspoeier op die…

Lewenslesse

skaal1208
Ek het ‘n paar goedjies langs die pad geleer. ‘n Skaal het ‘n maksimum gewig wat hy kan dra. Wanneer jy ysies in die bed lê en suig, moet nie die TV se afstandbeheer langs die ysie neersit nie. Die petrolliggie in jou motor het ‘n doel. As die kat…

Komposhoop

composhoop1111
Mans kan op verskeie maniere middeljare krisisse beleef. Ek beleef dit in my verbeelding. Waar ander mans vir hulle plat motors of motorfietse aanskaf, het ek vir my 'n petrol aangedrewe "blare blaser" aangeskaf. Die eerste keer toe ek begin wonder…

Ek is ook maar hier...

parking2107
Eendag oppad terug na Bloemfontein stop ek en Zelda gou vir 'n koffietjie in Graaf Reinette. In ons soektog om 'n parkering te vind naby die Wimpy is die self aangestelde motorwag hopeloos een te veel vir my. Soos dit vir my lyk is vandag die eerste…

Deur watter lens kyk jy?

Daar is darem maar min dinge wat ‘n mens so kan fasineer soos ‘n verkyker. Gee dit vir enige persoon jonk of oud en die “nuwe” wêreld wat in die lens navore kom sal so ‘n persoon se aandag vashou vir ‘n wyle. Alles lyk mos nou eweskielik nader…wel…

Biltong en blomme

Die Here wys vir my vanoggend 'n biltong kas. Vars en uitgesoekte snitte vleis word daar opgehang net om dag vir dag uit te droog en uiteindelik versnipper en geëet te word. Dit is hoe dit gaan in sommige kerke. Omrede die predikante, pastore,…

Klou vas!

bobbejaanOpRug
Ek kan my altyd verkyk aan hierdie kleintjies wat ewe gedwee en met groot ogies die hele wêreld hier van onder die ma af beloer. Die ma kan maar gaan waar sy wil, swiep deur die bome of gallop op die grond, boetietjie klou vir Afrika. Ek het een…